Posted on
28 March 2011
Pierre Marais het die toekenning as Mnr Hofmeyr Junior Skou ontvang, terwyl Marike Marais die toekenning as Mej Hofmeyr Junior Skou ontvang het tydens Hofmeyr VLV se 3-10 jaar junior kompetisie by die Hofmeyr skou.

Beoordelaars Cornette van Heerden van Tarkastad en Ezelle Marais van Kookhuis was totaal en al onbewus van die feit dat die twee boetie en sussie is - elke deelnemer aan die skou het egter met 'n toekenning weggestap.
Rick Downey (Mnr Bakgat Peuter)
Zanelle Philps (Mej Persoonlikheid)
Anné Philps (Beste uitrusting)
Margot Viviers (Mej Selfvertroue & Mej Pikant)
Nasie Vermaak (Mnr Persoonlikheid & Mnr Kleuter Model)
Minke Vermaak (Mej Kleuter Model)
Shani Froehlich (Mej Fantasie Karakter)
Lize Marais (Mej Bakgat Peuter)
Pierre Marais (Mnr Selfvertroue, Mnr Willewragtig & Mnr Hofmeyr Junior Skou)
Marike Marais (Mej Hofmeyr Junior Skou)
Anrich Lategan (Mnr Fantasie Karakter)

Johan Meyer (as die Vaderfiguur), Baby Muller as homself en Johan Marais (as die Moeder) tydens VLV Hofmeyr se baba-, kleuter- en kinderkompetisie by Hofmeyr skou.