Posted on 29 March 2011

Die dames van VLV Strand het vir maande gereël om die jaarlikse VLV Konferensie van Sirkel Kaapstad vir almal aangenaam te maak. Die lede het lekker saamgewerk en elkeen het sy opgelegde taak met presisie uitgevoer.

 

 

Die Sirkel was ook bevoorreg om VLVK se president, me Erika Lubbe, as eregas te ontvang.  Sy moedig lede aan om lojaal te wees teenoor mekaar, teenoor die VLV en om positief te wees. Moenie jouself omring met negatiewe mense nie.

 

 

Mev. Rina Kotze, president van Sirkel Kaapstad, lewer haar jaarverslag en heet alle besoekers welkom.

 

 

Die sjef van die “Twelfth Apostle Hotel”, lewer ‘n demonstrasie met suikerkuns. Dr. Cor Aalbers ‘n Patoloog, praat oor die laboratorium en my gesondheid. Debbie gee ‘n praatjie oor rekenaargeletterdheid. Marius Dippenaar van Radio Helderberg maak die dames nostalgies met liedere van Jim Reeves. Desi van Wyk sing  pragtig en begelei haarself met haar kitaar. 

 

 

Die lede en besoekers bevind hulle in ‘n atmosfeer van ‘n troue. Voor die saal het ‘n bruidskar met ballonne en linte gestaan. ‘n Groot versoeking vir die president van VLVK om in daardie motor te sit!!

 

 

Pragtige breiwerk, borduurwerk, naaldwerk en handwerk van al die takke word uitgestal. Die kompetisieartikels getuig van knap en bekwame deelnemers se handewerk.  VLV Strand behaal in totaal die meeste punte.

 

 

In vele opsigte ‘n genoeglike en leersame dag.

 

Beriggewer: Annemarie Skibbe

 

 

Lede van Strand tak besig om verversings van die dag voor te berei.

 

 

 

Rina Marais by een van haar rangskikkings om die saal te versier.

 

 

 

 

Elke afgevaardigde het so ‘n pragtige sak propvol verassings gekry.

 

 

 

 

Marie Roux ontvang een van die vele bekers wat Strand Tak verower het, van mev. Erika Lubbe.

 

Comments are closed