Posted on
30 March 2011
Dinsdag 15 Maart kon ‘n mens sommer die opwinding in die lug voel toe 11 lede en 2 vriendinne die pad gevat het Richmond-boekedorp toe.
In die dorp wag Johan Tolken ons in met ‘n lekker koppie tee by Marina’s gastehuis. Hy vertel ons van die dorp se geskiedenis en wys aan ons die enigste oorspronklike krip wat nog in die dorp oor is. Die perdestal met die krip is in ‘n kroegie opskep. Johan-hulle is ook besig om ‘n rolprentteater in te rig om ou 8mm rolprente te kan wys.
Vandaar is ons na die Vetmuis-koffiewinkel en dadelik na die eerste van die boekwinkels waar ons John Donaldson ontmoet het. Hy is die man wat die visie gehad het om die dorp as ‘n boekedorp te bemark. En is daar nie boeke nie. . . en ou langspeelplate. . . en “seven singels . . . hordes!!! Ons is deur 10 sulke winkels en daar is nog….
Na ‘n lekker middagete by die Kamalodge, ontmoet ons weer vir Johan by die museum. Saam met Wilma Visser en Marlene Cerff dwaal ons deur en verwonder ons aan die manier waarop die mense in die verlede geleef het.
Ons het met ‘n seer hart afskeid geneem van die mooi Karoodorpie. Almal het al klaar besluit om beslis weer daar ‘n draai te gaan gooi en om almal wat ons paaie kruis aan te raai om die dorpie te besoek. Dankie Richmond, Johan en John vir jul gasvryheid. Dit word opreg waardeer!!

De Aar VLV voor die Richmond Museum.

Die enigste oorspronklike krip in Richmond.

Die mooi gedekte tafel in die restaurant.