Posted on 30 March 2011

Marina Scholz het gesels oor velsorg en Avon produkte, geskik vir elke veltipe, aan die dames voorgestel.

 

Anita Rust van Britstown wys wat die nuutste modekleure en -klere vir 2011 is en sy lig almal in oor die nuutste grimeerneigings.

 

Almal kry ‘n “rough skin remover” om van al die growwe vel en harde plekke binne die hande ontslae te raak. Almal se hande is daarna in lekker sagte, seperige water gewas en met die heerlikste room gesmeer.. Sy gee inligting oor hand- en naelsorg.

 

Wonderlike geskenkbewyse is so tussendeur uitgedeel. Een daarvan was vir  Hot Stone Therapy. Hot Stone  Therapy is 'n spesialiteit massering wat gebruik maak van gladde, warm klippe. Die klippe is dikwels basalt, 'n swart vulkaniese rots wat hitte absorbeer en baie goed behou. Die hitte is diep ontspannend en help ook om stywe spiere te ontspan. Die dames het ook bewyse ontvang vir onder andere, ‘n gesigbehandeling, pedikuur, manikuur, besoeke aan die haarsalon en ‘n Aromaterapie nek- en rugmassering.

 

Daar is heerlik saam gekuier rondom ‘n ligte middagete, voordat Ricky Gouws aan die beurt gekom het.

 

Ricky is ‘n gekwalifiseerde hondeskou beoordelaar en spesialis in die gedrag en opleiding van honde. Sy het raad gegee oor hoe ons, ons honde moet hanteer en teenoor hulle moet optree. Dit was baie interessant!

Comments are closed