. . . uit al die uithoeke van Kaapland, oor alles en nog wat! Kom ons gebruik hierdie forum om nuus en inligting, hoogtepunte en vreugdes met mekaar te deel.
3/1/2011 9:50:28 AM #
Wil julle net gelukwens met die nuwe H & H. Wat 'n heerlike vrolike buiteblad is dit nie! Doe so voort. Sien julle almal weer by Kongres
Tuala Vorster
3/9/2011 1:43:05 AM #
Hi Julle Ons hou lekker konferensie op Victoria-Wes en Leer van die blog! Groete Almal hier by Noord-Karoo
sandra nolte
3/11/2011 12:31:47 AM #
Hoekom word die blog se maand nie verander nie? Dit het nog vasgehaak by Oktober 2010. Ek het, seker net soos ander dames, gedink daar is nog niks vir die jaar 2011 nie.
Petro Greeff
3/11/2011 1:42:51 AM #
Petro, die maand het nie ' vasgehaak' nie. Dis bloot die datum waarop die uitnodiging om saam te gesels gepos is.Julle moes maar net op die 'comments' gekliek het, maar as dit julle gaan help, sal ek 'n punt daarvan maak om elke maand 'n nuwe uitnodiging te rig.
natania
3/12/2011 10:20:52 AM #
Natania, dankie vir jou antwoord. Ek het dit nie as kritiek bedoel nie! Ek het darem gekliek op die regte plek. Dankie vir al die moeite met die blog!
3/13/2011 10:29:54 AM #
Baie Dankie! aan Hercula Tak, Port Elizabeth (Marlene & kie) vir 'n vrolike en inspirerende Konferensie op 9 & 10 Maart. En aan Lynette, Sirkel President Middelland, jy is ons trots!! xoxo
Hester Nienaber
3/16/2011 9:06:54 AM #
Baie dankie Natania dat jy al die konferensies van VLVK, so gou nadat jy dit ontvang en verwerk het, op die WW plaas. Baie dankie vir alles wat jy vir VLVK doen. Jy is 'n ster.
Lynette Martin
3/16/2011 9:37:44 PM #
Dit is (die meeste van die tyd!) 'n groot plesier. Die webwerf, soos alles anders wat ons vir VLV doen, is 'n liefdesdiens. . . 'n tydrowende een. Neem sommer ook asseblief kennis dat ek van vandag tot volgende Dinsdag uitstedig is en nie agter my lessenaar of voor 'n toetsbord gaan wees om bydraes te pos nie. Die nuus sal weldra gepos word. Natania x
3/18/2011 8:22:53 AM #
Is there anybody that can help me with a contact name for a course on "Dollaswerk" I am in the Vaal Triangle and it seems that nobody knows what Dollaswerk is. Thanks a lot Lorraine
Lorraine Wessels
3/22/2011 3:38:21 AM #
Sirkel Kalahari het 'n wonderlike konferensie gehou. Dankie Mimosa vir jul beplanning en harde werk. Die sprekers was ongelooflik, veral Jana du Plessis! Sterkte aan jul voorsitter, Marietjie Steyn, wat tans behandeling kry. Almal dink aan haar!GroeteNellie
Nellie Viljoen
3/22/2011 9:59:32 AM #
Lorraine Dollaswerk of Dollaslapwerk is Crazy Patchwork in Engels. Hoop jy kom reg. Dit is 'n baie lekker manier van patchwork aangesien jy dit per hand (invou-tegniek)of met die masjien (met versierstiksels op die lasse)kan doen. Pragtige boeke is beskikbaar en as ek jy is Google ek net crasy patchwork! Lekker werk!
3/22/2011 10:01:20 AM #
Sorry Lorraine! I have answered you in Afrikaans. But Dollaswerk is Crazy Patchwork. Google Crazy Patchwork and you will get the most interesting websites to choose from. Happy stitching.
3/23/2011 5:37:27 AM #
BAIE DANKIE en BAIE GELUK aan ons webmeester Natania wat só haar cool behou en kop & stert uitmaak met ons foto's en berigte! Natania verrig wondere!!! Selfs nie-VLV-lede kom soms per ongeluk op ons webwerf af en is aangenaam verras om van hul dorp te lees. En moenie ons laaste pragtige Huis & Haard van Feb. 2011 vergeet nie: Dis 'n ware Spogstuk! BAIE DANKIE, Lynette!!!
Antoinette van Pletzen
3/23/2011 7:22:34 AM #
Ja, ja, die heuningkwas is 'n lafenis vir my hoë bloeddruk! Dankie Antionette. En jy's 100% reg, die H&H is asembenemend - maak ons trots om aan die VLV te behoort. 'n Kwaliteit mondstuk van 'n kwaliteit vereniging - versorg deur 'n kwaliteit vrou. Dis ook maar Lynette se heiligmaking, maar onderkry is min! Ek was die hele liewe dag NET met die WW doenig. Geen ruskans gaan klaarblyklik 'ongestraf' verby nie - ek het 98 e-posse met duisende (ja, ek oordryf, maar dis hoe dit gevoel het!!) foto's - party selfs so groot as 7MB, ellelange berigte (wat het geword van maks 200 woorde per bydrae?) en oneindige navrae gehad toe ek vanoggend agter my lessenaar inskuif. Net so terloops, ek het 'n 'regte' werk hoor!! en 'n dag het net soveel ure, maar moenie dat die spoke by die museum dít hoor nie. Almal se bydraes is gepos en my bloeddruk weer terug na normaal. My blaf is in elk geval baie erger as my byt!! Diegene wat onseker is oor hoe en in watter formaat die bydraes (en foto's) na my gestuur moet word, moet maar weer die riglyne & wenke (Downloads) onder oë gaan neem. Lekker aand vir almal! Nx
3/23/2011 10:36:38 AM #
Natania, ons vra nederig om verskoning dat ons jou so toegegooi het onder al ons beriggies en hordes foto's vir die webwerf!! Dankie dat jy die hele dag so hard daaraan gewerk het om alles geplaas te kry... hopelik is daardie bloeddruk nou heeltemal onder beheer!! Baie dankie vir ALLES wat jy vir ons wonderlike organisasie doen, dit gaan werklik nie ongesiens verby nie! Dieselfde vir Lynette, jy doen onskatbare werk! Die Huis & Haard is nou werklik 'n pragstuk, lekker sakpas en boonop in volkleur! Hier ons dank aan GWK vir hulle borgskap. Konferensie is nou agter die rug, nou wag Kongres! Ek is seker ek praat namens elkeen van Sirkel Overberg en wil graag baie dankie sê aan Lydia Geldenhuys en al haar lede van Hermanus vir 'n onverbeterlike konferensie. Julle het ons heerlik bederf. Groot dankie ook aan Hermien van Zyl wat die dag so mooi hanteer het. Ons sê ook dankie aan Erika Lubbe wat die dag met ons gedeel het, asook Carien van Schalkwyk wat haar vakansie onderbreek het om die dag saam met ons deur te bring. 'n Geseënde maand vir almal!
Lorraine du Toit
3/23/2011 1:29:30 PM #
Dag se mense van De Aar,kan iemand vir my se hoe is die dorp nou sonder die besige stasie
Karooseun
3/23/2011 9:52:00 PM #
Genoeg nou met die dankies! Ek het nie gekla nie, bloot my frustrasie gedeel!!! Waar's De Aar se mense? Die Karooseun - wat sekerlik toevallig op ons WW afgekom het, omdat bydraes uit De Aar deur sy soekenjin opgetel is, moet geantwoord word. Klink my die man smag na nuus uit sy geboortedorp. Groete uit die Vriendelike Stad!
3/23/2011 10:02:52 PM #
Ja ek soek nuus van my dorp De Aar
3/23/2011 10:12:32 PM #
Natania, jou swepie het geklap en ek mag nou nie meer dankie sê nie, maar ek wil tog waardering namens VLVK uitspreek vir jou en Lynette wat baie hard werk en dit nog boonop moet inpas in jul besige program van 'n voltydse beroep, vrouwees, mawees, oumawees en dan wil julle mos darem ook nog sosiaal verkeer! Dan praat ek nie eers van al jul ander VLV-bedrywighede nie! Sonder julle twee se bydraes sou VLVK baie armer gewees het. Ons is ongelooflik trots op jul albei wat ons so laat tred hou met die tyd en sorg dat ons kan voorloop! Baie dankie vir die vriendelike en hartlike ontvangs wat my by elke konferensie, wat ek besoek het, te beurt geval het. Dit was vir my 'n voorreg en baie lekker om saam met die lede te kon kuier! Geniet die pragtige herfs!
Erika Lubbe
3/27/2011 3:45:34 AM #
Sirkel Noordwes-Kaap het 'n goed versorgde ,goed voorbereide konferensie op Keimoes gehad ! 10 uit 10 vir Wilna Nel ons Sirkel president en Hettie Smit voorsitter Keimoes en haar span.Baie dankie almal!!
Mieke Bezuidenhout
3/28/2011 11:38:54 PM #
More Louwna en sirkel Weskus-lede Geluk met jul uitsending op RSG vanoggend - heerlik geluister na jul doen en late. Ek wens ek was naby vir al die vye wat julle so kweek en verwerk daar by Porterville. In PE is vye so skaars soos hoendertande!
3/29/2011 12:23:44 AM #
Sirkel Weskus! Ons het lekker geluister na julle - Louwna, Estelle en Elmarie - se gesels op RSG vanoggend. Dis reg, laat die wêreld weet die somtotaal van VLV is baie meer as kompetisies, koekies bak en tee drink!
3/29/2011 1:50:36 AM #
Ek het vanoggend alles tot stilstand laat kom om na Louwna, Estelle en Elmarie te luister. In die agtergrond kon ek duidelik die gezoem van die ander konferensiegangers hoor en dit het sommer so 'n warm gevoel in my hart laat kom. Baie dankie vir die pragtige en positiewe weergawe van VLVK! Julle het ons weer opnuut trots gemaak om VLV-lede te wees!
3/30/2011 9:45:19 PM #
Hallo almal. Ek is 'n regte stadsjapie, wat met 'n boer getrou het, en my op 'n stil omgewing, Jansenville bevind het. Wat 'n verskriklike nagmerrie vir enige iemand wat die besige lewe geleef het. So was ek uitgenooi na die VLV (nie dat ek enigsins geweet het waarvoor dit staan nie),om as spreker by een van hul sessies te praat oor finansies, maar ek dog toe.... wat kan ek verloor. Ten minste hou dit my besig. Min het ek geweet hoe sou daardie dag my lewe verander het. Ek het 'n ontmoeting met die amazing dames van VLV Jansenville gehad. En sommer dadelik besluit dis waar ek betrokke wil wees. Dit is amper 'n jaar terug. En vandag is ek nie eendag spyt oor daardie besluit nie. Ons het intussen met nog nuut getroude jong dames gegroei. Wat 'n amazing geleentheid om nuwe mense te ontmoet en meer van jouself te leer. Dankie tannie Joy Gouws vir 'n amazing VLV groep. Dis voorwaar 'n moet vir elke vrou! Sanmarie
Sanmarie Vermaak
4/1/2011 4:54:09 AM #
Aletta Keyser van Slot van die Paarl, en bekwame Leefstyl saamroeper van Sirkel Paarl, het die Landbou Weekblad se bak kompetisie gewen. Veels Geluk Aletta, ons is trots op jou
June Smit
4/1/2011 8:46:36 AM #
Hallo Sanmari Wat 'n wonderlike getuigskrif vir VLV. Geniet elke oomblik daar op Jansenville. Dit is ook vir die takvoorsitter lekker om so "via the grapevine" te hoor dat VLV 'n verskil in soveel jou dames se lewes maak. Geluk Joy!
4/2/2011 4:49:57 AM #
"unsubscribe" my van die blog asseblief
4/2/2011 7:33:46 AM #
Nellie,ek neem aan jy word in kennis gestel van elke nuwe "comment" wat gemaak word. Jy is nie 'ingeskryf' op die blog nie en kan dus ook nie 'afgehaal' word nie. Jy moet net nie die blokkie (links onder) "Notify me when new comments are added" kliek, wanneer jy 'n inskrywing pos nie. N
4/9/2011 4:49:47 AM #
Hi daar Karooseun, Die stasie is meskien stil maar dit "skop" nog sterk hier. Kom kuier 'n bietjie en sien self. Het jy nog familie hier en waar bly jy nou, kan nie die vlaggie mooi uitmaak nie? Dit het BAIE gereën die somer en die Karoo is pragtig!!! Wat wil jy nog weet. Groete uit De Aar
Rina Coreejes
4/9/2011 6:21:53 AM #
Namens Sandra Nolte en al die lede van Sirkel Noord-Karoo wil ons ook vir Lynette gelukwens met die mooi uitgawe van Huis en Haard, Februarie 2011. Mens laat die tydskrif met trots "rondlê" sodat ander dit ook onder oë kan kry....
4/10/2011 10:03:39 AM #
Dankie vir die dankie namens Sirkel Noord-Karoo Rina - waardeer dit. Die Mei H&H is reeds by die drukkers in Kimberley. Lekker week vir jou.