Posted on 05 April 2011

Kimberley en Distrik Sirkel bied gewoonlik ons Sirkeldag die oggend voor Konferensie aan. Hierdie jaar het ons weer so gemaak in Tadcaster, geleë tussen Jan Kempdorp en Hartswater. 

 

Die program het o.a. 'n demon/praatjie aangebied oor die maak van Dons Duvets. Mev Marelize Matthewson het vertel vanaf die pluk en die was van die donsvere tot die klaar produk. In ons area sal die somer duvets beter wees as die winter duvets.

 

Daarna was Sanique, 'n kunsskool eienares, aan die woord.  Sy het dames die fyner kunsies t.o.v. ‘n mosaïekartikel gewys, asook die maak van die beeldhouwerk "vetvroutjie" van papierpulp. Albei is 2012 kompetisie artikels.
 

 

Na die aanvang van Konferensie was Prof Annamarie Kruger die openingspreker. Sy is die Direkteur v.d. Afrika-Eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR)  aan die Fakulteit Gesondheidswetenskappe v.d. NWes Universiteit, Potchefstroom kampus. Sy het vertel v.d. geweldige armoede onder alle vlakke v.d. samelewing en wys ons, aan die hand van Gal. 5:22, waar ons herinner word aan die Vrugte van die Gees, om hierdie vrugte toe te pas t.o.v. al die minderbevoorregtes.
 

Ander interessante sprekers se temas was bv. "Goeie goggas" in ons tuine/landerye deur Johanna Matthewson;  mnr Carlo van Wyk oor Boedelbeplanning; Dr Gretha Hoffman, chiropraktisyn, oor o.a. osteoporose; Thea de Bruyn, 'n stemafrigter van belowende sangers. Haar eie sanggroep, "InSpirit",  sorg vir besielende gospelmusiek; Amelia Staats, dieetkundige, vertel meer van metaboliese sindroom. Gesondheidsprobleme ontstaan gewoonlik a.g.v. verkeerde eetgewoontes en lewensstyl; Ena Theron, sielkundige, verduidelik aan die hand van 'n Enneagram, die mens se 9 verskillende persoonlikhede. Sy wys daarop dat God ons reeds as wenners geskape het soos ons is en dat ons Hom daarvoor moet loof.
 

Beriggewer: Marié Wilmans 

 

Sanique (met blou bloes), demonstreer aan Sirkeldag gaste die finale afwerking van die mosaïekartikel.

 

 

Sanique besig om die "vetvroutjie" van papierpulp te vorm.

 

 

Prof Annamarie Kruger besig met haar voorlegging.

 

 

Linzetta Smit, visepresident van die sirkel gesels met Melana Möller, pres. Vrystaat & Noord-Kaap Blomme-unie, wie dan ook die rangskikkings en blomringe beoordeel het.

 

Comments are closed