Colleen Haasbroek van Age in Action (voorheen Raad van Bejaardes) het Velddrif se dames meer van Alzheimers, die algemene benaming vir psigiese agteruitgang, kom vertel.
Sy is 'n maatskaplike werker wat die area vanaf Atlantis tot by Garies bedien. Demensie is deel van die brein se verouderingsproses en iets waaroor groot onkunde en wanbegrip heers. Ongelukkig is daar geen behandeling vir hierdie toestand nie. 1 uit 20 persone bo 65 sal Alzheimers beleef.
Die oorsaak van dié siekte is nog onbekend, maar word dikwels geassosieer met verkalking van slagare in die brein. Die diagnose vir Alzheimer-siekte moet liefs deur 'n spesialis gemaak word.
Die siekte ontwikkel nie dieselfde in verskillende individue nie, maar een van die eerste simptome is vergeetagtigheid. Die korttermyngeheue en die onmiddellike herroeping van gebeure word aangetas. Die vergeetagtigheid, die lyer se spraak, waarnemingsvermoë en motoriese vaardighede toon agteruitgang. Persone wat aan Alzheimers ly is geneig om vinnig geïrriteerd te raak, baie vinnig te begin stres, baie angstig, kwaad of depressief te raak. Hulle gemoedstemminge is wisselvallig. En hulle is uiteindelik baie afhanklik van versorging
Althea Walters is die nuwe Kunste en Handvlyt sameroepster.
Beriggewer: Vera Winterbach
Gina Smit (voorsitter) speld die Kunste en Handvlyt balkie vir Althea Walters vas.

Colleen Haasbroek (links) en Estelle de Koker (regs, Gesondheid sameroepster).

Bestuur vir 2011: Agter van links: Louise Jacobs, Althea Walters, Jackie Coetzee, Rina Germishuis, Estelle de Koker. Voor van links: Malinda Thiart, Vera Winterbach, Gina Smit, Marie Malan.
