Posted on
14 April 2011
Tydens die Weskus Marathon 2011 het ons tak weereens pannekoek gebak! Ons het sowat 'n 1000 pannekoeke gebak, op 'n snikhete dag, met die temperatuur wat net-net so aan die 40°C geraak het. Die getroue pannekoekbaksters het hulle egter baie goed van hulle taak gekwyt en daar is lekker gesels en gelag.
Die bestuurslede het op 30 Maart tydens 'n bestuursvergadering die tak se 7de verjaarsdag gevier. Klein Emma Nepgen, wat by ouma Hilary gekuier het, het gehelp om die kersies dood te blaas.
Langebaantak is by die Konferensie te Saldanhabaai aangewys as die wentak, die tak met die algehele meeste punte! Vyf van die bestuurslede was onder die pryswenners:
Dienie Rust: Derde prys - Masjienwerk en Derde prys - Wisselafdeling
Hetta Mans: Het 80% gekry vir haar ringkussing en kousband, met baie goeie kommentaar
Estelle du Plessis: Eerste plek - Handvlyt
Hilary Nepgen: Tweede prys - Breiwerk
Hennah Greef: Tweede plek - Blommekuns en Tweede plek - Handvlyt
Lede wat pryse verower het is:
Anna Malan: Eerste prys - Wisselafdeling
Isabel Basson: Eerste prys - Masjienwerk
Aletta Heydenrych: Eerste prys - Hekelwerk
Christa Steyn: Derde prys - Handvlyt
Marie Snyman en Pina Krumm - twee staatmakers by die pannekoekverkoping!

Hanlie van Heerden en Elcia de Foglio strooi die suiker.

Die Bestuur vier die tak se 7de verjaarsdag!

Vyf lede van die bestuur was pryswenners by vanjaar se Konferensie!
Van links na regs: Dienie Rust, Hetta Mans, Estelle du Plessis, Hilary Nepgen en Hennah Greeff.
