
Jana Mans van die Hoërskool Duineveld: VLVK-tienerkok 2011.

Lichelle May van die Hoërskool Durbanville: tweede pryswenner.

Freda de Kock van die Hoërskool Hopefield wat die derde plek verower het.

Barnadus van der Berg van die Worcester Gimnasium: naaswenner.
Kira Quinton van die Hoërskool Burgersdorp: een van die naaswenners.

Agter, die beoordelaars van links: Jeremy Swart: eienaar van Pick ‘n Pay en beoordelaar van die Noord-Kaap top tienerkok; Lisby Jonas: eienaar van Charmies-dekor en ‘n vorige Verbruikerstudieleerkrag en Herman Lensing, kosredakteur van die SARIE.
Voor: Kira Quinton: naaswenner; Lichelle May: tweede plek; Freda de Kock: derde plek; Jana Mans: VLVK-tienerkok 2011, Barnadus van der Berg: naaswenner.

Herman Lensing, ‘n oudleerder van die Hoërskool Duineveld, en tans die kosredakteur van die SARIE, wat as spreker opgetree het.

Jana Mans: VLVK-tienerkok 2011 se hoofgereg op haar tafel: Springbokfilet met mosterdroomsous; perskes met pruime, boontjies en soetrissies.

Jana se tradisionele Suid-Afrikaanse nagereg: melktertjies: ‘n romerige melktertvulsel in skilferkorsdeeg.

Lichelle May, wat tweede plek verower het, se tafel.

Lichelle se hoofgereg: ‘n geurige springbokfilet en kersiekompot; Arborio rys in ‘n ronde vorm; heldergroen kraakvars aspersies en ‘n glansbeetsilinder met ‘n repie geel soetrissie vir kleur.

Agter van links: Magdie de Kock: skakelbeampte van Westfalia avokado-olie, ‘n borg van die kompetisie, Wilna Nel: sirkelpresident van Sirkel Noordwes-Kaap en die gasvrou van die galageleentheid; Erika Lubbe, VLVK-president, Babsie Strauss, ‘n vorige sirkelpresident van Sirkel Noordwes-Kaap.
Voor van links: Kira Quinton, Lichelle May, Freda de Kock, Jana Mans: VLVK-tienerkok 2011, Barnadus van der Berg.

Die borge het ruimskoots bygedra en besondere geskenke moontlik gemaak.
VLVK se hartlike dank aan die borge wat die VLVK-tienerkok 2011 kompetisie moontlik gemaak het:
• Westfalia avokado-olie
• Checkers
• Creamers Training College
• S.A.D.
• Oranje Wynkelders
• KLK
• Kaap Agri
• And Lemon
• SARIE
• Kalahari Desert
• Pick n Pay
• Suneldo Drukkers
• Bezalel
• Fruit and Veg, Upington
• North Western Ford, Upington
• Crown National
• Bokkie Boeke
• Bi-Lo
• GR Agencies
• Karsten Boerdery
• Freddie Hirsch
• Upington Verspreiders
• Upington Slaghuis
• Evy’s Catering and Decorating
• Joey Neethling