Posted on
26 April 2011
Portefeulje: Openbare Sake, onder leiding van Betsie Vollgraaff.
Die Matsikama Dierebeskermingsvereniging te Vredendal, het Nieuwoudtville se lede kom vertel van die lief en leed van hul verpligtings om ons dierevriende, wat nie so gelukkig is om vertroetel te word nie, te beskerm. Daar is streng wetgewing en prosedures teen mense wat diere mishandel.
Dames kan onthou dat diesulke verenigings d.m.v. skenkings gefinansier word. Maak gerus jou hart hiervoor oop en maak ‘n bydrae in jou omgewing. Hierdie mense doen ‘n onbaatsugtige werk, in meestal, onaangename omstandighede!
Mnr Johan Smith – Raadslid van Vredendal, het die dames kom toespreek oor die komende verkiesing, en ons aangemoedig om te gaan stem, en om hande te vat met ons naaste.
Dames kon hul honde-troeteldiere saambring wat deur ‘n ‘algemene stemming’ beoordeel is. Die diere het mekaar baie goed ‘verdra’, en het vir baie pret gesorg. Die viervoetiges het ‘smaaklike’ pryse ontvang, wat deur Landbank geborg is.
- Tannie Mollie van Wyk, is ‘n ou staatmaker vir ons tak – sy het ‘n beker ontvang vir die 1e prys wat sy tydens die afgelope Konferensie te Klawer vir haar uitstekende seep gewen het. Sy het ook die 2e prys gewen vir hekelwerk.
- Irma van Niekerk deel die trofee met Vredendal vir ‘n eersteplek vir die foto afdeling.
- Leana van Wyk wen die 2e plek vir Lemoenskil-rolletjies.
- Elmarie Spangenberg behaal die 3e plek vir haar blommering.
- Rida Visagie behaal die 3e plek vir 'n leer brilsakkie.
Nieuwoudtille VLV het die 4e meeste punte op die Konferensie behaal. Wel gedaan!

Dossie van die Matsikama Dierebeskermingsvereniging.

Elizna Louw met haar Basset, Phoebe.

Johan Smith.

Tannie Mollie van Wyk met haar trofee - 1ste plek, seep.