Posted on
02 May 2011
Portefeulje: Leefstyl
Met die vergadering gehou op 13 April open Annatjie Reynolds met die volgende woorde:
“When you forgive, you love
And when you love
God’s light shines on you”.
M Steenkamp het die dames kom inlig oor die metodes en gevolge van Shell se gas eksplorasie.
Die vergadering is gereël deur Mathilda Visser en haar helpers. Elke dame ontvang ‘n koekhartjie met ‘n inspirerende boodskap daarby. 180 poppies en 50 paar handskoene gebrei deur Kamma Lodge en Caltex Diensstasie se personeel o.l.v. Mathilda, is uitgestal. Caroline en Lulu (werknemers) vertel hoe die breiwerk hulle gehelp het om te gesels en mekaar beter te verstaan.
Desmond en Lenél bak ‘n sjokoladekoek en karringmelkpoeding in ‘n klein konveksieoond, die Magic……………… Pam sny die koek met ‘n garedraad en Mathilda het dit versier.
Pan van Rensburg, ‘n sjef, het ‘n hoender ontbeen, Cordon Blue hoenderborsies gedemonstreer en ‘n patee van die hoenderlewers gemaak.
Ons wens ook vir Mathilda geluk met haar verkiesing as Sirkel Noord-Karoo se Vlindervrou. Ons is baie trots op haar en waardeer wat sy alles vir die VLV en Richmond doen.

Caroline, Lulu en Mathilda.

Desmond en Lenel.

Pam van Rensburg.