Posted on 06 May 2011

Portefulje: Opvoeding & Kultuur

 

Kimberley tak het op 5 Mei ‘n Chinese aand gehou. Kolonel Marlene Delport, wat vir ‘n jaar in Beijing gebly het, het vir ons kom vertel van die lewe in China. Meer as ‘n derde van die wêreld se bevolking woon in China. Die Chinese het ‘n baie ryk kultuur en dit kan gesien word in hulle kuns, medisynes, rituele rondom drake, en sosialistiese leefwyse.  


Die Chinese drink baie tee, wat van enige blare of plantmateriaal getrek word. Hulle kos is egter nie so lekker soos ons westerse kossoorte nie. Meeste van die geregte is smaakloos en gebraaide kakkerlakke, sprinkane en skerpioene op sosatiestokkies is algemeen beskikbaar by kosstalletjies. Aan tafel eet almal met  “chopsticks” uit een skottel. Soetgoed is baie skaars.

 

Baie mense, veral mans het ‘n kriek as troeteldier. Die kriek, wat in ‘n glasbotteltjie met ‘n “amplifier” bo-op is, word in baadjiesakke gedra en oral waar jy loop, hoor jy die gekriek, kriek, kriek ...

 

Ons tak het groot pret gehad met die probeerslae om met die Chinese stokkies te eet. Die aand is afgesluit met tee (lekker boeretee) en “bow-ties”.

 

Beriggewer: Soekie Hauptfleisch
 

 

 

 

 

 

 

 

Comments are closed