Joostenberg tak was in voltal teenwoordig by die VLVK inligtingsdag vir 2012 se Kuns en Handvlyt kompetisie riglyne.
Met groot opwinding het die Vriendinne die saal ingefladder, plekkie gevind en hulself tuisgemaak vir ‘n oggend saam met die dames van Tygerberg Sirkel. Alkoholvrye vonkelwyn het die Vriendinne ingewag, en volgens Joostenberg tradisie, het die Vonkel Vriendinne ‘n glasie geklink om die oggend vir onsself oop te verklaar.
Na ‘n interessante praatjie en goeie raad oor hoe om die essensie van ‘n oomblik met beide tegniek en emosie in ‘n foto vas te vang, het ons gereed gemaak om ons eie spieëlmosaïek te maak. Vir meeste van ons was dit ‘n eerste keer, en ons het vinnig besef dat dit dalk effe makliker lyk as wat dit is. Maar “practice makes perfect”, en nou dat ons die basiese beginsels begryp, is daar meer as genoeg tyd om te werk aan ons kompetisiestukke vir 2012.
Met optimistiese entoesiasme het ons die “Vet Vroutjie Papier Machè” demonstrasie deurgewerk. Met minder optimisme wonder ons of ons dit gaan regkry? Praat van kompleks! Tyd sal leer…
Na die verloop van die inligtingsoggend, het ons verskuif na “Krige’s Pub”, om ons vergadering voort te sit. Verskeie besprekingspunte is hanteer, en daarna het ons net lekker ontspan en mekaar se geselskap geniet.
Groetnis tot volgende maand.
Bubbling over!
Beriggewer: Juanique Vorster

Yolanda Deale skink 'n glasie nie-alkoholiese vonkelwyn.

Vonkel Vriendinne leer om te mosaïek.

Joostenberg se lede by die Sirkel Tygerberg Inligtingsdag.

Almal kuier lekker by Krige's Pub.