Posted on 30 May 2011

Hier is 'n bietjie GOODWOOD nuus.

 

Op die foto's is voorbeelde van ons gemeenskapsbetrokkenheid. Ons het sanitêre doekies en skryfboeke vir Goodwood Kollege geskenk. Volgens die skoolhoof, me. Africa, is dit op die oomblik hulle grootste behoefte.

 

 

Ons het ook warm breigoed vir Protea Ouetehuis gegee. Die lede het fluks gebrei en ons kon 62 pare sokkies, 27 serpe, 3 paar handskoene en 26 mussies aflewer.

 

Ons "modelle" op die foto's is Valerie du Preez, Rina Erasmus, Rose Heyne en Enola Venter.

  

Comments are closed