Posted on
20 June 2011
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Petro Spangenberg
Aan die begin van die jaar het ons besluit om blokke te brei en die eerste komberse wat voltooi is, is die van Me Emmie Cloete. Ons het besluit om dit aan die Nel egpaar in Mimosahof Tehuis vir Bejaardes te skenk. Die komberse was net betyds vir die erge koue wat sedert die middel van Mei toegeslaan het.

Op die foto, geneem deur Petro Spangenberg, staan Emmie Cloete by oom Karel en tannie Tienie Nel, wat albei Alzheimerlyers is.