Posted on 22 June 2011

Sirkel Tygerberg het vanoggend, 22 Junie, op die plaas Avalon gekuier.

 

Elmarie Human het vir ons nuttige wenke oor noodhulp gegee. Die belangrikste goed wat jy by jou moet hê om noodhulp toe te pas is o.a. 'n mondstuk vir mond tot mondasemhaling, handskoene, 'n handdoek, pleister en salf en 'n drukverband. Moenie water gee nie en hou die persoon kalm. "Burnshields" vir brandwonde is ook noodsaaklik.

 

  

 

Emmie le Roux en Marinda du Toit het slaapsakke van koerantpapier en plastiek gedemonstreer - iets vir armoedeverligting. LNR op die foto is Caro Ekermans (Pres), Emmie le Roux en Marinda du Toit.

 

 

 

Martie Jordaan het gedemonstreer hoe 'n mens 'n handige inkopiesak kan maak en die lede van die materiaal voorsien. LNR Caro Ekermans, Martie Jordaan en Sue Krige. 

 

 

Die dames wat 1ste en 2de plekke by konferensie met hul sketse oor die bruidstabberd behaal het, het hul bydraes voorgelees.

 

Die lede is getrakteer op heerlike sop en brood wat Tarina Esterhuyse verskaf het. Wat 'n heerlike en leersame oggend!

Comments are closed