Posted on
23 June 2011
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Vera Winterbach
N O T U L E VAN DIE MAANDVERGADERING SOOS GEHOU OP 23 JUNIE 2011 OM 14:30 IN DIE STADSAAL TE VELDDRIF
SPREKER:
Leon Gous, Area Ingenieur van Bergrivier Munisipaliteit is verantwoordelik vir alle dienste behalwe elektrisiteit. Hy noem dat ongeveer 15% van jaarlikse vullis moet herwin word deur die munisipaliteite – beskikbaarheid van grond en waterverspoeling is egter ‘n groot probleem. Raad het besluit om herwinning deel te maak van Bergrivier Munisipaliteit en is reeds begin in Piketberg deur 2 verskillende kleure sake – een vir nie-herwinbare materiaal en een vir herwinbare materiaal. Kontrakteur gaan verdeling doen van sakke asook verwydering en gaan ‘n groot uitgawe wees. Bou Rommel – ‘n houer gaan op perseel geplaas word en daarna Kaap toe gestuur word. Tuinvullis – ‘n chipper is reeds in Piketberg en Porterville en hy moedig mense aan om gebruik te maak van komposse en wurmplase. Statistieke lyk as volg: 19% papier, 27% plastiek, 7% metale, 6% glas, 19% tuinvullis en 22% bourommel. Lede noem dat die plaaslike “mopgat” onooglik lyk en dat die publiek alles net gaan neerstort sonder enige reels en regulasies. Leon noem dat die nuwe stortingsterrein enige tyd nou sal klaar wees.
SPREKER:
Anette Ebing van Langebaan wys aan die lede die wurmstasie wat op mekaar gepak word soos rakke. Sy noem dat ‘n mens met min wurms begin, maar hulle teel baie vinnig aan en sal self minder eiers lê as hulle te veel raak. Die rakke het ‘n kraantjie onderaan waaruit ‘n mens die “wurmsap” tap en oor plante sproei. Afvalstowwe wat hul eet is as volg: “chunk mail”, teesakkies, eierdoppe, toiletrolle, skille ens. Bees en perde mis kan gebruik word mits dit baie verouderd is en gaar kosse moet liefs vermy word en ook nie suur produkte soos pynappel en tamatie nie. Wurms hou nie van son nie en moet in skaduwee wees veral in die somer. As dit reën klim hulle tot heel bo in die rakke.

SPREKER:
Gina stel vir Schalk du Toit, haar broer, aan die vergadering voor wat ons meer gaan inlig oor wynetiek. Hy sê as ‘n mens die wynkultuur ken sal die wynproe vanself kom. Van Jesus se eerste wonderwerke was om water in wyn te verander. Matige gebruik van alkohol kan voordelig wees en daarenteen kan alkohol misbruik weer baie nalatig wees vir die mens – 50% van padongelukke kom van bestuur onder die invloed van alkohol. Die manne van Frankryk gebruik baie rooiwyn en statistieke daar bewys hartsiektes kom selde by hulle voor. Wynproe is soos ‘n ontdekkingstog en sintuie wat gebruik word is visueel, reuk en smaak. Die Grieke het 3 bekers wyn per dag gedrink – die 1ste vir gesondheid, die 2de vir liefde en plesier en die 3de vir slaap.
Gina bedank hom en oorhandig ‘n geskenkie.

Uitstalling van herwinbare artikels en die woorde teen die muur: Reduce Reuse Recycle Respect.

Lynette wys aan die vergadering ‘n paar herwinbare artikels soos bv. ‘n handsak van gebruikte teesakkies, ‘n advent krans van rooi, wit en groen Spar sakke.
Louwna Hoving spreek die vergadering toe en sê dat ons VLV toe moet kom met die siening dat ons ons talente kan deel en ook om iets te kom leer.

Schalk du Toit.