Posted on 27 June 2011

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Marietta van Manen

 

'n Teddiebeer kies sy mens. Só sê me. Sue Bossenger wat vytien jaar gelede haar eerste teddie aangeskaf het en al nege jaar lank teddiebere maak. Sy het die kuns by 'n byeenkoms van die VLV Durbanville gedemonstreer.

 

Elke teddiebeer het 'n eie persoonlikheid, al gebruik jy dieselfde patroon. Elkeen is ewe troetelbaar, en as die gogga eenmaal gebyt het, is jy lewenslank 'n teddie-mens, waarsku sy.

 

'n Groot verskeidenheid materiaal en kunspels is beskikbaar vir die maak van teddiebere. Dit word gekies om te pas by die grootte en persoonlikheid van die beertjie. Die lyf en ledemate word apart gemaak en gestop en elkeen word afsonderlik met 'n spesiale spitpen geheg. Ogies word aangewerk en gesiggies geborduur.

 

Me. Bossenger maak nie net teddiebere nie, maar bied ook klasse aan en verskaf al die gereedskap en materiaal wat nodig is, waaronder volledige teddiestelle.
  

Me. Hester Geringer, sameroeper Leefstyl:naaldwerk, het die byeenkoms gereël.

 

 

 

Me. Sue Bossenger demonstreer die maak van teddiebere.

 

 

 

Me. Sue Bossenger en me. Hester Geringer, sameroeper Leefstyl:naaldwerk, met van die troetelbeertjies.

Comments are closed