Portefeulje: Openbare Sake, Opvoeding
Beriggewer: Juanique Vorster
Na ‘n dag van opwinding in Junie, was die Vriendinne se keuse vir Julie ‘n redelike somber, maar tog relevante tema – Boedels en testamente. Om die tema effens ligter te maak, het die Vriendinne besluit op die dragkode van “funeral with a twist”.
Soos die Vriendinne arriveer, is ons verras met karakters uit die “Grafsteen Sangers”, die gruwelheks van “Slapende Skoonheid”, “Kis Kinders” (goth kids), ‘n paar begrafnisgangers (onder meer “Jackie Onassis” haarself), ‘n “Reincarnated Modern Cleopatra” en ‘n “Engel”.
Met die klink van ‘n glasie is ons vergadering oop verklaar waarna ons sprekers aan die woord gestel is.
Spreker Marie Louw (voormalige VLVK Tygerberg President) het met die Vriendinne kom gesels oor die emosionele sy van verlies. Sy het ook verwys na die nodige dokumentasie wat mens voor die tyd kan regkry, om die administratiewe stryd na verlies effens te vergemaklik.
Juanique Vorster (Joostenberg voorsitter) het met die Vriendinne gesels oor stappe wat gevolg moet word vanaf tyd van afsterwe, tot na die begrafnis.
Vonkel klong Fred Visagie (prokureur en eggenoot van Vonkel Vriendin Wendy Visagie) het inligting vanuit ‘n wettige oogpunt kom deel i.t.v. testamente, boedels, “power of attorney” en eksekuteurs. Na sy praatjie het die Vriendinne hom oorval met vrae. Hy het hom egter pragtig van sy taak gekwyt, en alle vrae omsigtig maar in maklike verstaanbare leketaal beantwoord.
Om die dag te beëindig, het die Vriendinne hulself bederf met ‘n “Kersete in Julie”, en lekker verder saam gesellig verkeer.
.jpg)
Funeral with a twist (Engel bemoedig Jackie Onnasis en 'n grafsteensanger).

Sprekers Juanique Vorster, Fred Visagie en Marie Louw.

Vonkel Vriendinne Jenny, Wendy en Anelda.

Kersfeesete in Julie.