Posted on
25 July 2011
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Christel Steenkamp
Tydens die Leefstyl vergadering van Griekwastad tak, onder leiding van saamroeper Romi Ludwick, het mev. Elmi Bean van Kimberley ‘n werkswinkel oor die maak van piouter artikels aangebied.
Piouter is die vierde mees duursame metaal waarmee gewerk word. Dit is ‘n samestelling van lood en tin wat baie sag is. Nagemaakte piouter is egter nie so sag soos die egte produk nie. Daar kan van ‘n lae of hoë reliëfmetode gebruik gemaak word. Tydens die werkswinkel is van die lae metode gebruik gemaak. Met hierdie metode word areas nie met ‘n spesifieke stof soos byewas of eksterne kraakvuller gevul nie en enige patroon kan gebruik word.
Piouter het ‘n voor- en agterkant. Om die voorkant te bepaal word ‘n toets met patina, ‘n vloeistof met ‘n blou kleur, gedoen. Die kant wat die donkerste verkleur is die voor of regte kant. Patina word ook op voltooide piouterprodukte gebruik om dit finaal af te werk deur dit ‘n verouderde voorkoms te gee. Die patina gee ‘n swarterige voorkoms. Die voltooide produk word met brasso en daarna met ‘n deurskynende olie poleer.
Almal wat die werkswinkel bygewoon het hul eie stempel op die piouterhartjie wat deurgaans gemaak is, afgedruk. Elkeen se eindproduk was uniek en het iets van haar eie persoonlikheid weerspieël.

Hanna van der Linde, voorsitter, en Yvonne Ludwick, sekretaris. Huishoudelike sake is afgehandel en die skilder van die maand, Maggie Laubser, is behandel.

Van links mevv. Helena Barnard, Marina Steenkamp, Mariska van Zyl, Esmarie Venter en Romi Ludwick druk besig om hul piouterhartjies te maak.

Van links mevv. Elize Jordaan, Liesbet Swiegers en Henriëtte de Villiërs konsentreer ernstig op hul hartjies.