Posted on
27 July 2011
Portefeulje: Leefstyl
Sameroepster: Joyce Puttergill
Beriggewer: Hester Marx
Op 21 Julie 2011 kuier Loerie se dames by die pragtige klipkerkie op Thornhill. Dié kerkie is dan ook die perfekte agtergrond vir Lauren Olivier van Port Elizabeth se pragtige trourokke.
‘n Baie talentvolle Lauren vertel ons op haar innemende manier van haar beroep as mode-ontwerper. Met haar kinders reeds uit die huis, begin sy rokke ontwerp en maak. Talentvol beslis, want sy het geen formele opleiding ontvang nie.
Sy is ook baie diplomaties. Wanneer ‘n blinkoog matriekmeisie se “droomrok” nie by haar geaardheid of lyf pas nie is dit Lauren wat haar laat glo dat ‘n ander tipe rok perfek vir haar is.
Volgens Lauren is duur materiaal nie altyd noodsaaklik om ‘n spesiale rok te maak nie; ‘n rok van goedkoper materiaal kan net so treffend wees.

Lauren Olivier.

Kristi is die model wat wys hoe mooi ‘n bruid in ‘n skepping van Lauren kan lyk.