. . . oor alles en wat nog! Augustus is die maand van die vrou en dis die maand waarin VLV KONGRES hou. . . meer as genoeg redes om aan't gesels te raak.
8/4/2011 12:05:08 AM #
Vanoggend op RSG het Elbeth vertel oor haar ontwerp "Space"! Wonderlik om dit te kon sien op ons WW! Dankie dat julle die kunswerk met almal gedeel het.
Lynette Martin
8/14/2011 5:26:31 AM #
Hello! Aan almal oppad na die Kongres in Villiersdorp, veilig ry & geniet dit! xoxo
Hester Nienaber Acqua Tak
8/15/2011 11:20:33 AM #
Beste wense vir 'n heerlike Kongres!
Hester Nienaber - Acqua Tak
8/19/2011 2:38:31 AM #
En daar is kongres alweer verby! Wens so ALLE VLV-lede kon dit bywoon, want mens kom so lekker vars en begeeserd terug. Dankie aan almal wat gehelp het om dit weereens 'n spesiale geleentheid te maak.
Elize Perrin
8/20/2011 10:28:42 AM #
Dit was 'n heerlike Kongres, inderdaad! En ons is weereens so trots op jou Erika, wat op so 'n unieke Erika-manier, nog 'n grote agter jou naam kan skryf! Al die pad terug Kuruman toe het ek gewonder hoekom al wat vrou is, nie maar kan behoort aan die VLV nie - so 'n standaard instelling soos 'n verjaarsdag bv. - dat almal kan deel in dit wat ons nou weer beleef het. Ongelooflike sprekers wat almal staande applous verdien het, en die wonderlikste musiekitems. Villiersdorp is 'n pragtige plek- en VLV leer my elke jaar 'n nuwe plek of twee ken, om nie te praat van wonderlike nuwe vriendinne nie! Genoeg rede om lewenslank lid te bly!
Petro Spangenberg
8/20/2011 9:53:47 PM #
So 'n bek kort jam. Hoor, hoor!!
natania
8/23/2011 1:34:47 AM #
Dis darem so waar - jammer alle VLV vriendinne kan nie kongres bywoon nie... Dankie weereens aan Sirkel Overberg - dit was lekker om by jul te kon kuier. Wat 'n spesiale kongres - die vrou was die hoof figuur en voorwaar die persoon wat te alle tye "'n brug bou", maak nie saak waarmee sy besig is nie. Sterkte aan SWD om 2012 se kongres te beplan en aan te bied - dit sal goed gaan. Mooi bly!
Elmarie Cumpsty
8/24/2011 2:17:20 AM #
Was gister by my eerste VLV byeenkoms. Het n heerlike middag gehad, wil nou al my vriendinne saam vat. Elke vrou het "EK" tyd nodig en dit was myne. Dankie aan my skoonma wat my saam gevat het.
Carolyn Engelbrecht
8/26/2011 9:51:06 AM #
nataniaEk weet jy is seker moeg van die kongres, maar ons tuisblyers is al soooo nuuskierig om nog foto's van kongres te sien en te hoor van al die heerlikhede. Ons voorsitter (wat vir die eerste keer kongres bygewoon het)het my vandag omtrent jaloers gehad oor die lekker tyd en al die goeie sprekers wat daar was!Ons tak het nou 3 nuwe lede bygekry wat onder 30 jaar oud is - so die gemiddelde ouerdom van die lede is besig om te sak - dis soos botoks vir ons tak! Groete uit die Karoo. Dankie vir die pragtige essay van Hermien.Was dit die wen inskrywing?
salome louw
8/26/2011 10:55:35 AM #
Salome Sodra ek die CD kry met foto's van Kongres, pos ek dit dadelik, sodat almal ons tydjie in Villiersdorp kan beleef. En natuurlik al die nuus oor alles wat tydens Kongres plaasgevind het, daarmee saam. Ek's baie bly om te hoor van julle tak se verjongingskuur! 3 down, so many more to go en nevermaaind botoks vir die tak, kyk 'n bietjie hoe daai 3 nuwe vriendinne gaan blom vandat hulle by die VLV aangesluit het. Jy vra my vas oor Hermien se storie - sy sou dit by Kongres voorgelees het, maar dit het toe agterweë gebly en daarom het sy dit op Erika se versoek vir die WW aangestuur. Ek moet sê ek het nogals baie meer gesprekvoering hier op die blog verwag na Kongres....... dis nie ek wat moeg is na Kongres nie.
8/27/2011 4:30:04 AM #
Hello Natania Kyk self elke dag of daar nie iets oor Kongrs is nie, maar wil julle nie aanjaag nie. Het 'n e-pos uitgestuur aan al ons lede dat hulle moet op die web gaan kyk, maar nou bly dieselfde paar fotos daaropen ons raak ongeduldig!! Weet nie waar Diepkloof is nie maar ons huil en treur saam met julle
June Smit
8/27/2011 10:31:48 AM #
Naand Almal Kongres is iets van die verlede en ons is al weer kliphard besig om die volgende een te beplan. Baie dankie, Petro! Ek waardeer jou mooi woorde! Sonder Sirkel Overberg se samewerking kon ek dit nie doen nie! Baie welkom, Carolyn! Jy sal NOOIT spyt wees dat jy aangesluit het nie. Die VLV is die vrou se lewensuniversiteit. As ek reg verstaan is jy 'n nuwe lid! Geniet die VLV! Hermien se storie: my plan was dat Hermien dit moes voorlees tydens kongres, maar ongelukkig het die tyd ons ingehaal. Jammer daaroor! Baie dankie, Natania, dat jy dit op die webwerf geplaas het. Groete.
Erika
8/27/2011 1:30:48 PM #
Hi aan al my VLV-vriendinne!Kongres 2011 is nou reeds op die agtergrond geskuif, maar ek wonder ook hoekom is almal so stil! Ek het self gedink daar sal meer kongres-geselsies wees op die blog, maar almal herstel seker maar nog! Hier by my gaan dit ook nog dol - ek het kans gesien om na afloop van kongres nog so bietjie te gaan stap ook hierdie week in die mooie Clanwilliam-omgewing, maar is nou weer terug en kan nou weer aandag gee aan alles (van VLV tot dinge in die huis)! Die batterye is nou weer gelaai, reg vir alles wat na my kanto toe kom!Dis so lekker om te hoor van nuwe, jonger lede wat weer aansluit by die VLV, hulle sal beslis blom, want dit kan nie anders as jy deel geword het van ons ongelooflike organisasie nie! Ons is almal vol inspirasie na afloop van kongres. Ek wens ons kan al ons lede by kongres kry sodat hulle almal so vol inspirasie kan wees - dink net hoe sal VLV dan groei! Erika, jy's 'n ongelooflike vrou en ons is baie dankbaar vir die leiding wat jy geneem het en vir al die uitstekende sprekers na wie ons kon luister. Mag almal ware brugbouers wees in 2012!Sterkte aan almal vir die laaste stukkie van die VLV-jaar vir 2011!
Lorraine du Toit
8/30/2011 3:29:47 AM #
Ek het nou op die VLV nuus gelees van Tygerbergtak wat die plastiek knippies van die broodsakkies bymekaar maak vir rolstoelle. Graag sal ek 'n kontaknommer of adres wil hê, ons tak kan ook mos daarmee help. Asb?
Petor Greeff
8/30/2011 9:52:12 AM #
Naand almal, Breadtags for wheelchairs se koördineerder is Mary Honeybun en haar kontaknommer is 021-789 1831. Daar is aflaaipunte regoor Suid Afrika, so julle sal beslis kan meedoen Skakel Mary gerus vir meer inligting. Sy is baie entoesiasties. Julle moet net geduldig wees. Dit vat laaank om 'n kilogram bymekaar te kry - tensy 'n mens die plaaslike ouetehuis of koshuis kan betrek. Die projek is regtig die moeite wer.
Caro Ekermans
8/30/2011 10:57:31 PM #
Hello al my VLV Vriendinne! Ja-nee, almal is besig & boonop het ons in die platteland nie altyd toegang om te "link" as daar tyd is nie, want Telkom het van ons vergeet! Wat `n ongelooflike ervaring is kongres nie jaarliks nie & in die besonder vanjaar. Dankie VLVK vir `n toekenning wat ek vir altyd kan koester - dis `n voorreg om lid van ons organisasie te wees. Dankie aan my Hemelse Vader vir daaglikse krag & talente, vir my ouers wie deursettingsvermoe help kweek het, my familie & vriende wat aan my persoonlikheid help skaaf het & aan my man Martin wat my vennoot in alle opsigte is! Mag elkeen more `n heerlike Lentedag geniet & sterkte aan elke tak met die bestuursverkiesings wat die maand moet plaasvind: dra ook daarin jul innigste wense op aan ons Hemelse Heer ... Mag VLV steeds van krag tot krag gaan. Nogmaals baie dankie aan almal wat gelukwensings oorgedra het & aan die Burger vir `n mooi artikel & goeie blootstelling aan ons besigheid & ons organisasie. Liefde en groete aan almal uit `n pragtige groen Steytlerville
Lucia Dorfling
8/31/2011 4:53:15 AM #
Middag VLV vriendinne Dit maak jou so opgewonde om te hoor van "jonger" lede wat aansluit - ek is darem self baie "opgewonde & trots" - by Eendekuil tak het 5 nuwe lede aangesluit. Een van hierdie nuwe lede is my eie dogter Mignon - tans in Gr12. Sover die jongste lid in Weskus Sirkel. Natania ons sien baie uit na die foto's van die kongres. Geniet die laaste stukkie van 2011 wat oorbly! VLV groete
8/31/2011 9:06:04 AM #
Lucia - Sirkel Middelland is so trots op jou! Geluk, jy verdien die bederf van al die gelukwensing en geskenke. Geniet dit! Martin jy het 'n raakvatvrou!