Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Estelle du Plessis
Datum: 3 Augustus 2011
Spreker: Anlé Roelofse
'n Generasie bestaan gewoonlik omdat daar 'n verskil is tussen die houdings en waardes van jonger en ouer generasies. Generasie Y is gebore tussen 1980 - 1994. Generasie Y staan ook bekend as die Millennium generasie. Jy gaan nie Generasie Y maklik vaspen in 'n 8 - 5 werk nie. Hulle verander baie van werk. Hulle hou van rustige "jobs" wat vir hulle baie vakansietyd gee en hou glad nie van oortyd werk nie. Generasie Y wil liewer tegnologies met vriende verbind wees en is baie ongeduldig en wil alles nou hê.
Daar is 200 miljoen geregistreerde gebruikers op MySpace. As MySpace 'n land was, sou dit die 5de grootste land in die wêreld wees. Daar is 31 biljoen navrae op Google elke maand. In 2004 was daar net 2,7 biljoen. Die eerste kommersiële teks boodskap wat gestuur is was in Desember 1992. Vandag oorskry die totale SMS’e wat gestuur en ontvang word elke dag die totale populasie van dié planeet.
Generasie Y se bynaam is WHY omdat hulle die meeste dinge, van politiek tot klimaatsverandering, die werkplek en ekonomie bevraagteken. Hulle wil weet hoe alles hulle raak. Al is geld en roem belangrik gee Generasie Y graag terug aan die omgewing en gemeenskap, omdat hulle sien hoe dinge verkeerd loop.
Karaktertrekke van Generasie Y:
• Ambisieus
• Tegnologies geletterd
• Permanent gekoppel aan tegnologie
• Aanpasbaar
• Vinnige leerders
• Vry van vooroordeel, aanvaar maklik
• "Demanding"
Ouerleiding aan Generasie Y:
• Leer hulle familiewaardes
• Aanvaar hulle is die produk van die omgewing waarin jy 'n rol gespeel het
• Gebruik tegnologie om met hulle te kommunikeer
• Wees self op Facebook om hulle te beskerm
• Maak tyd om aktiwiteite saam met hulle te geniet
• 'n Vaste roetine is baie noodsaaklik: tyd vir huiswerk, speel en slaap
• Daar moet duidelike grense en reëls wees. Daar moet ook strafmaatreëls wees vir oortredings.
• Moenie hulle toelaat om reëls te oortree nie.
• Leer hulle:
It's not OK to skip school
It's not OK to watch a movie with an age restriction
It's not OK to drink alcohol before you ar 18
It's not OK to enter clubs under-aged
It's not OK to drive without a licence/learners
It's not OK to drive over the speed limit, or not stopping at the stop street.
Dit was 'n baie insiggewende vergadering. 75 lede was teenwoordig en 3 besoekers. Daar was 37 kompetisie inskrywings. Die saamroeper Maretha Buckle en haar groep het heerlik saamgewerk en 'n pragtige vergadering aangebied.

Die beoordelaars besig met beoordeling van die mikrogolf sjokoladeklapperkoek.

'n Pragtige uitstalling van verhoudings.

Die teetafels was baie keurig gedek met heerlike verversings.

Ansie Bronkhorst (links) oorhandig 'n geskenk aan Anlé Roelofse, die spreker.