Posted on 16 August 2011

Ema Strydom
20-06-1939 – 09-08-2011

 

Ons is baie hartseer om totsiens te se aan een van ons lede Ema Strydom. Sy is oorlede op Vrouedag 9 Augustus. Ema was vir die afgelope 8 jaar lid by Welgemoed waar sy gedien het as  die Sirkel Sameroepster en Tak Sameroepster vir Openbare Sake.

 

Sy was in die proses om Bloemfontein toe te verhuis en het teruggekom om 'n operasie te ondergaan.

 

Alles wat Ema aangepak het, het sy met oorgawe gedoen en sy was bekend vir die feit dat sy feesmaaltye kon voorsit. Sy was ook die voorsitster van die Senior Groep van die NG Kerk Welgemoed.

 

Ons sal haar onthou as 'n hardwerkende, ywerige en baie liefdevolle omgee-persoon.

 

 

Comments are closed