Posted on 23 August 2011

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Una Engelbrecht

 

Paarl Aandtak vergader dikwels in lede se huise. Dit maak die samesyn aangenaam en knus, veral in die koue Bolandse winters.

 

Die Opvoeding & Kultuur-vergadering is onlangs by voorsitter Hetta van der Merwe gehou.

 

Lenny Henderson, een van Paarl Aandtak se lede, het oor HERWINNING gepraat. Sy het 'n werkswinkel oor herwinning bygewoon wat deur die Drakenstein-munisipaliteit gereël is. Baie interessante gegewens is meegedeel. O.a. dat elke mens daagliks plus-minus 2 kg afval "produseer". Die Drakenstein-munisipaliteit het pas met 'n herwinningsprojek vir die dorp begin.Glas, plastiek, papier en karton moet afsonderlik opgegaar word voordat dit op 'n sentrale punt sorteer word. Terwyl al sowat 59% afvalpapier in SA herwin word, is dit in die geval van plastiek nog net 17%. Alhoewel plastiek allerweë as die grootste besoedelaar beskou word, is metaal en glas nadeliger vir die natuur.

 

Dis belangrik dat elke huishouding aan hierdie herwinningsprojek deelneem, omdat die Munisipaliteit ten doel het dat die Paarl teen 2020 'n "No waste town" sal wees.

 

 

Pat Timothy, Geretha Brand, Francina van Rhyn, en agter: Lenny Henderson (spreker), Daleen de Jager, Petro Boshoff.

 

 

Hester Coetzee, Marinda Rall (sirkelpresident), Gerbrecht van Rhyn.

 

 

Die komitee vir Opvoeding en Kultuur: v.l.n.r.: Hetta van der Merwe (voorsitter), Ebeth Basson, Sura Swart, Elzette Coetzer (sekretaresse), Lenny Henderson (spreker).

Comments are closed