Posted on 27 August 2011

Berriggewer: Caro Ekermans


Sirkel Tygerberg neem deel aan die Bread tags for Wheelchairs projek. 

 

Dit behels dat lede die klein verharde polistireen skyfies waarmee brode se verkoopsakkies toegemaak word, bymekaarmaak en na vergaderings bring. Vandaar gaan dit na die projekkoördineerder van die Bread tags for Wheelchairs Foundation wat dit lewer aan ‘n herwinningsfirma wat saailingbakkies daaruit maak.

 

Die geld wat hierdeur verdien word, koop rolstoele wat deur die Rotariërs ingevoer en aan gestremdes verskaf word. Een rolstoel kan gekoop word uit die fondse wat 20 kilogram, oftewel 500 000, broodknippies oplewer! 

 

Hier maak Elza Eksteen en Leonore Ward, van die Stellenberg tak, Sirkel Tygerberg se 80 kilogram (2 miljoen) broodknippies reg vir versending. Dit sal vier rolstoele kan koop! Tot dusver eet Durbanville tak die meeste brood, te oordeel aan die 40 kilogram wat hulle bymekaargemaak het!

 

Comments are closed