Posted on
09 September 2011
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Antionette van Pletzen
Jamestown tak se dames het onder leiding van saamroeper Mariana van Pletzen swartbordjies gemaak om in die kombuis op te hang. Die bord word met bordkrytverf geverf en daarna op allerlei maniere versier. Die swartbordjies kan gebruik word om notas, inkopielyste of wat ookal op te skryf. Elke lid gaan met 'n pragtige bord huis toe.
Demonstrasie: Gewone blikke (bv. koffie) word versier en daarna met plastiek koeldrankbottels “oorgetrek”. Die versierde blik word binne in die plat gedeelte van die bottel geplaas en dan vir 5 tot 8 minute op 100 grade gebak. Die plastiek smelt rondom die blik. Die boonste en onderste kante word netjies afgesny en siedaar, jy het 'n houer om te gebruik vir wat jy ookal wil. Dit kan ook maklik skoongemaak word.
Ons skryf ons dankie vir Mariana op ons nuwe borde!
