Posted on
22 September 2011
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Annemarie Skibbe
VLV Strand tak skenk jaarliks aan leerders van skole boeke vir die hoogste persentasie behaal in Verbruikerswetenskap.
Vanjaar het die pryse Gordon High School en Hoërskool Strand te beurt geval.
Op die foto's oorhandig Leta Du Preez, sameroeper van Leefstyl, die boeke aan die betrokke onderwysers.

Me. M. Mason van Gordon High en Leta.

Leta saam met me. E. van Rensburg van Strand Hoër.