Posted on
26 September 2011
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Rina Coreejes
Colesberg tak se September vergadering het vele interessante gesprekke en besprekings opgelewer.
Mev. Legonda Vorster, eienaar van die Ketelfontein Kwekery op Colesberg, het gesels oor veral bome en struike wat eie is aan die Karoo. Voorbeelde in die vorm van takkies is deur die loop van haar interessante praatjie omgestuur sodat dames dit van nader kon aanskou. 'n Ideale boom vir Colesberg is dan ook die Honey Locust, omdat die bome nie baie water vra nie.
Om die vergadering af te sluit is 'n belangrike stukkie korrespondensie - 'n tipe van 'n CV - voorgelees van 'n ywerige, hardwerkende VLV lid wie in 1951 by die VLV aangesluit het en in 2002 deel geword het van Colesberg tak. 'n Dame wat graag help met die bak van pannekoek. Mev. Bossie van Heerden is vereer met 'n oorkonde vir 60 jaar lidmaatskap en het haar 60 jaar kenteken ontvang. Daarmee saam het sy dan nou ook erelidmaatskap verkry.
Om dit te vier was haar dogter, Ronel Rossouw, as eregas aan tannie Bossie se sy en het dames 'n glasie vonkelwyn/vrugtesap geklink op hierdie spesiale VLV lid.

Colesberg se dames klink 'n glasie op tannie Bossie se 60 jaar van lidmaatskap.

Juanita du Plessis het die oorkonde aan tannie Bossie oorhandig.

Tannie Bossie spog met haar oorkonde by die spesiale koek vir die geleentheid.