Posted on
27 September 2011
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Riana Richter
Datum van vergadering: 22 September 2011
Drie sprekers het by die Openbare Sake vergadering by VLV Piketberg op 22 September 2011 opgetree. Die vergadering is gereël deur Marthie du Toit, sameroeper van Openbare Sake.
Wilna Kloppers van Departement Waterwese het lede ingelig oor watertoestande in die Wes-Kaap (Bergrivier gebied spesifiek) m.b.t. stand van damme, kwaliteit, suiwering en stelsels in plek om moontlike krisisse af te weer.
Porchia Adams van Agri Wes-Kaap het gesels oor die belangrikheid van Landbou in ons daaglikse lewe. Sy het ook verwys na vele geleenthede om die opdrag – Bou ‘n Brug – uit te leef.
Petrusa Smit, erelid van Piketberg, het ‘n baie interessante oorsig gegee van die 81 jaar wat sy deel voel van VLV. Sy is 57 jaar lid van VLV Piketberg en was ‘n aktiewe lid, deelnemer en beoordelaar in die sirkel en op skoue. Sy onthou vandag nog hoe sy sedert sy vier jaar oud was, sit en wag het vir die orige koek om huis toe te kom terwyl haar ma weg was VLV vergadering toe. Haar moeder – Petrusa Biermann - was daardie jare lid van VLV Vredendal en ‘n kranige deelnemer aan kompetisies.
Die drie sprekers by die Openbare Sake vergadering by VLV Piketberg is v.l.n.r. Wilna Kloppers van Departement Waterwese, Porchia Adams van Agri Wes-Kaap en Petrusa Smit, erelid van VLV Piketberg
