Posted on 01 October 2011

. . . want,  Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!
. . . Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!
OKTOBERMAAND - C. LOUIS LEIPOLDT

Comments

10/4/2011 2:19:12 AM #

Kan Caro Ekermans (of enigiemand anders) asb vir my adresse gee waarheen ons broodsakkie-knypers kan stuur? Dit voel darem regtig na mors om dit weg te gooi as dit iets iewers kan beteken! DANKIE BAIE!

Antoinette van Pletzen South Africa

10/7/2011 11:28:46 AM #


Antoinette,
Ons stuur broodknippies aan Mary Honeybun, die koördineerder van Breadtags for Wheelchairs, in Noordhoek, saam met knippies wat deur ons plaaslike Laerskool ingesamel word.  Ek kan een van twee maniere aanbeveel hoe julle te werk kan gaan : Eerstens kan julle vir Mary bel op 021-7891831 en by haar uitvind of daar 'n kollekteerpunt naby aan julle is, en tweedens kan julle knippies aan my stuur by De Villierslaan 62 Kenridge, Durbanville, 7550.  Mev. Honeybun se dogter haal die knippies by my af wanneer daar baie is, of so nie kan ek dit aan haar besorg.Ek weet ongelukkig nie waar jy woon om 'n beter aanbeveling te waag nie, maar sal baie graag wil help

Caro Ekermans South Africa

10/8/2011 5:40:55 AM #

Antoinette,

Jy kan aan my pos by De Villierslaan 62,Kenridge, Durbanville,7550, of jy kan Mary Honeybun, Breadtags for Wheelchairs se koördineerder, bel by  021-7891831. Sy saljou kan sê of daar naby jou 'n inlewerpunt is.

Caro Ekermans South Africa

10/8/2011 9:01:58 AM #

Baie dankie, Caro. Dit help al baie. Al bly ons in die boendoe (Jamestown, NO-Kaap tussen Aliwal-Noord, Queenstown en Dordrecht)sal ons dit tog sekerlik afgelewer kry - al is dit per pos!

Antoinette van Pletzen South Africa

10/16/2011 8:16:00 AM #

Oe, die VLV-vriendinne is besonder stil!  Almal is seker nou besig met die laaste dingetjies voor die VLV-jaar alweer afsluit.  Hierdie tyd van die jaar is mos gekenmerk deur al die afskeide, die een op die ander.

Hier by ons in die Overberg het oestyd ook nou aangebreek en is die mans reeds besig.  Ons is baie dankbaar vir 'n pragtige oes op die land, maar voor alles nie in die silo's is nie, kan daar nog so baie verkeerd loop.  Ons vra die liewe Vader om Sy hand van seën oor al die oesbedrywighede te hou.

Sterkte aan almal met die laaste voorbereidings van afsluitingsvergaderings wat van nou af plaasvind.  Voor ons oë uitvee is die skoolvakansie en ook Kersfees voor ons.

Lekker bly... en laat hoor weer 'n slag van julle!

Lorraine du Toit South Africa

Comments are closed