Posted on
13 October 2011
Portefeulje: Openbare Sake (projek)
Beriggewer: Riana Richter
Datum van gebeurlikheid: 6 Oktober 2011
Lede van VLV Piketberg het onlangs gesellig saam met die inwoners en personeel van die plaaslike Tehuis vir Bejaardes, Huis AJ Liebenberg, gekuier en het almal (124 in totaal) met tee en verversings bedien.
Sarie Koegelenberg, ‘n VLV lid van die buurtak Aurora, het die gehoor vermaak met haar ervarings en vertellings uit die verlede en ‘n humoristiese skets van Ferdinand Deist voorgedra.
Sarie is sedert haar onderwysdae op Aurora ‘n Sandvelder en haar stories en sketse uit die kontrei is op aandrang van VLV Aurora in boekvorm gepubliseer. So het Sandveldspore en Skryfgoed en Rommel uit my Sandveldtrommel die lig gesien.

Op die foto verskyn agter: Marthie du Toit (sameroeper van Openbare Sake), Lilla Treurnicht (matrone Huis AJ Liebenberg) en voor Sarie Koegelenberg (gasspreker en lid van Aurora tak) en Enna Bester (inwoner van Huis AJ Liebenberg).