Posted on 02 November 2011

Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Mirika Thiart

 

Die lede van Panorama tak het aan huis van Anita MacDonald in Panorama vergader.

 

Die spreker, Heleen Meyer, het heerlike slaaie gedemonstreer wat pragtig gelyk het en wat baie ingestel was op gesondheid. Hoender en aarbei was aan die orde van die dag om aan te pas by die Oktober Kankermaand. Asook ‘n Mexikaanse Nacho slaai.

 

Sy het ook sjokoladebruintjies gebak en die vrouens het omtrent geswymel oor hierdie heerlike nagereg. Heleen het ook ’n klomp wenke gegee, soos dat as dit net gestol is, dit gereed is. Dit stol verder soos dit afkoel. Bak nog 5 minute indien nodig. Moenie te lank bak nie, anders word dit droog en hard.

 

Onthou kos en Kos is op die tafel is twee boeke uit Heleen se pen. Kontak haar by heleen.m@iafrica.com of gaan loer op haar webwerf, www.heleenmeyer.co.za.

 

Die lede het ook gehoor wat Bokasi is. Heleen het vertel dat daar maar altyd kombuisafval is wat oorbly, nadat jy van die hersirkuleerbare items in jou huis en kombuisafval ontslae geraak het. Sommige afval kan nie op die komposhoop gesit word nie en is ook nie geskik vir ’n wurmplaas nie. Dié natuurlike organismes word met onder meer semels gemeng en lyk soos ’n droë poeier. Dit is by sommige supermarkte en meeste kwekerye beskikbaar. Bokhasi is ’n algemene naam daarvoor. Besoek www.bokashi.co.za vir meer inligting.

 

Daar was verskeie gebak en gebottel inskrywings. Dit was beoordeel deur Johanna Steyn, en die dames het beïndruk en was baie suksesvol.

 

Daarna was die lede onthaal deur die allerheerlikste geregte. Ons was ook bevoorreg om die slaaie wat Heleen gemaak het te geniet. Dit was 'n onvergeetlike aand.

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments are closed