Posted on
10 November 2011
Beriggewer: Marthie van der Westhuizen
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Datum: 9 November
Ja, dit spook in Huis Spes Bona. Douglas VLV lede trek aan die begin van die jaar 'n naam van 'n bejaarde in die plaaslike Tehuis vir Bejaardes, Huis Spes Bona, by wie sy dan deur die jaar spook. Die doel van so 'n spokie is om die senior burgers 'n bietjie te bederf met hul verjaarsdae en ook so eenkeer per maand, hul spesiaal te laat voel. Die hele jaar bespiegel die oupas en oumas wie hul spokie is, tot met die vergadering in November, waar die spokies hul dan self aan die oupas en oumas bekendmaak. Op 9 November was die groot bekendmaking, en was al wat oupa en ouma is "opgedress" om hul spook te ontmoet. Die VLV dames het vir oulaas 'n geskenkie vir hul spook oupa en ouma gegee, en die bejaardes het hul spokies verras met 'n geskenkie. Daarna is elke senior burger getrakteer met 'n pakkie kerskoekies, verversings en tee. Hierdie bly altyd 'n spesiale dag op die jaar se kalender vir die tak en die bejaardes.

Kerskoekies word uitgedeel. Martie Kotze (inwoner Huis Spes Bona), Ella Foley, Marie Jacobs, Reinette Lovemore en Bets du Raan.

Bejaardes "opgedress" vir hul spokies.