Posted on
16 November 2011
Beriggewer: Elmarie Cumpsty
Datum: 8 November
VLV Eendekuil het hul bedrywige jaar op ‘n gesellige wyse afgesluit by die padstal / koffiewinkel Kardoesie te Citrusdal. Die voorsitter het elke lid en bestuurslid bedank vir hul geesdrif en samewerking – voorwaar ‘n wenspan!
Vier lede het erkenning ontvang vir 100% bywoning:
Sandra van Zyl, Liebie Coetzee, Elmarie Cumpsty, Nellie Mouton.
Trofeë is aan die volgende wenners in die onderskeie kompetisie afdelings, oorhandig:
Gebak – Liebie Coetzee
Mikrogolf – Elmarie Cumpsty
Handvlyt – Elmarie Cumpsty
Naaldwerk / Breiwerk – Elmarie Cumpsty
Hekelwerk – Jolene Mouton
Twee lede ontvang hul 15 jaar kenteken:
Johanna Rossouw
Elmarie Cumpsty
Saam met die geleentheid is daar hulde gebring aan Maryn Burger, ‘n erelid van Eendekuil. Sy het Eendekuil Vrouevereniging gestig, wat later jare verander het na VLV Eendekuil. Maryn Burger is tans ‘n inwoner van die tehuis te Citrusdal.

Elmarie Cumpsty (voorsitter) en Johanna Rossouw.

Jolene Mouton, Liebie Coetzee, Elmarie Cumpsty – pryswenners.

Maryn Burger & Elmarie Cumpsty.