Posted on 19 November 2011

Beriggewer: Annalise Loubser
Datum: 1 November 2011

 

‘n Voorlesing uit Maretha Maartens se “Kersfees in ‘n stokou huis” het ons weer bewus gemaak van die Here wat voor ons elkeen staan en vra: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”
Mag ons aan die einde van 2011 tussen die stof van die huis, almal wat net vakansie wil hou, die weergalmende Jingle Bells en vele plakkate wat kalkoene adverteer en …   elkeen by die punt kom om net een ding te vra en dit is “Here Jesus, bly by my!!”

 
‘n Voorlesing uit ‘n tydskrif oor die terugpraat en redeneer met en die uiteindelike ignoreer van ’n  GPS het vir groot pret gesorg, want dit klink so bekend!

 
Die taklede het die groot bederf om by Riverside uit te eet, baie geniet. Die gesellige saamry en saamkuier spoor ook die saamroepers aan om meer uitstappies te reël in hul portefeuljes. Bokka Wagenaar, voorsitter, is verras met pragtige blomme uit een taklid se tuin. Op haar beurt het sy weer gesorg vir ‘n mandjie vol geskenkies  – een lid trek ‘n naam wat dan ‘n geskenkie ontvang en sy trek dan weer ‘n volgende se naam. Díe wat nie ‘n geskenkie gekry het nie, kan getroos wees met die feit dat ons almal God se Liefde ontvang!

 

 

Lede met voorsitter, Bokka Wagenaar, agter 2de van links.

Comments are closed