Posted on 01 December 2011

. . . in hierdie laaste maand van 2011. Mag hierdie Kersgety vir ons almal groot vrede en rustigheid bring in die wete dat ons ‘n Almagtige en Wonderbare Heerser dien. En mag daar baie spesiale oomblikke saam met ons hartsmense wees. Seën vir jou en joune. . . .

Comments

12/7/2011 9:58:42 PM #

Hallo

My naam is Francis Robertson en ek was 'n groot vriend van Elsie Smuts se seun Nico. Ons was saam op Stellenbosch maar deur die jare kontak verloor.

Ek wonder of Tannie ELsie dalk Nico se kontak gewgens het. Ek sal hom baie graag wil opsoek. Ons was baie goeie vriende.

Groetnis

Francis

Francis Robertson South Africa

12/14/2011 10:46:11 AM #

  Hallo Sunel,
  Jammer dat ek nou eers op jou navraag oor die broodknippies antwoord - hou by my kinders in Spanje vakansie en het nou eers geleentheid gehad om weer VLVK se webwerf te besoek. Ek weet nie wat in die res van die land gedoen word nie, maar by ons in die Kaap word 20kg, dws 500000, broodknippies benodig vir 1 rolstoel. Ons stuur wat ons het en dit word by ander bydraes gevoeg. Dit is selde dat ´n persoon self met 20kg knippies by die apteek wat die rolstoele versprei, opdaag, maar as sy die knippies kan bymekaar kry of gehelp word om dit te kry, sal sy natuurlik ´n stoel ontvang. Normaalweg besluit mev. Honeybun, die prohjekkoördineerder, saam met die maatskaplike werksters van die Vereniging vir Liggaamlik Gestremdes wat werksaam is in die pasiënt se woongebied, oor die toekenning van die rolstoele.
Die knippies het´n definitiewe geldwaarde en word herwin vir die vervaardiging van saailingbakkies, dus is die aanskaf van elke rolstoel ´n behoorlike finansiële transaksie. Die idee is om die verhandelbare knippies te kry waar hulle verkoop kan word om die rolstoele aan beho9eftiges te verskaf.  Hoop dit help.
Caro Ekermans

Caro Ekermans Spain

Comments are closed