Posted on 07 December 2011

Beriggewer: Bessie Kriek

 

In die afgelope jaar moes sirkel Kalahari afskeid neem van twee BAANBREKERS.  Ons bring hulde aan hulle.

 

PLEIGHD ISHBEL BROWN (nee Maclean) gebore op 1 September 1924.  Haar ouers was van Iverness,  Skotland.  Haar pa was een van die eerste boere wat hom in 1908 in die Thlakgamenglaagte, 100 km noord van Vryburg, gevestig het.  Peggy se skoolloopbaan het begin en is voltooi in haar vaderland. Vandaar die Skotse aksent wat so eie aan haar was.  In 1950 trou sy met Wilfred Brown en twee kinders is uit die huwelik gebore.  In 1960 sterf haar geliefde Wilfred en sy neem die boerdery waar  tot haar seun Ian in 1984 haar kon gaan bystaan.  In 1959 was sy stigterslid en eerste voorsitter van Thlakgamengtak. Na ontbinding sluit sy by Piet Plessistak aan en dien 20 jaar as saamroeper van Landbou.  In 2009 ontvang sy haar 50-diensjaartoekenning.

 

Ons sal Peggy onthou as die vrou met die sterk hande en wakker oë.  Dit was gebruik dat sy ons konferensies afgesluit het in Afrikaans, Engels en Tswana. Haar nederigheid was ’n kenmerk wat haar geliefd gemaak het. Liewers as om oor haarself te praat het sy genoem: “All thanks and honour to my Lord for the blessing of good health and my love for my fellowmen. It is a privilege to serve my community.”

 


CHARLOTTE NEL (nee Swanepoel) gebore op die plaas Van Wyksfontein in Barkley-Wes distrik.  Sy voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Warrenton. Charlotte tree in 1943 in die huwelik met Johannes Nel. Tydens 1947 verhuis hulle na die plaas Rietfontein in Reivilo distrik.  Drie kinders is uit die huwelik gebore. Charlotte se man sterf in 1984, maar sy het op die plaas aangebly om saam met haar seun die boerdery te behartig.  Sy het vele stokperdjies gehad. Sy was ’n ywerige tuinier, orreliste, het graag naaldwerk gedoen en ‘n bietjie geskilder.  Sy was ook ‘n kranige blommerangskikker.

 

Sy sluit ’n maand na Reivilo se takstigting in 1962 by die VLV aan en bly ‘n ywerige lid totdat sy ernstig siek geword het. Tydens Reivilo se Konferensie 2010 was sy so trots om deel te wees van die vlagopstelling en het sy ook ’n pragtige rangskikking vir die kompetisie gemaak.  Ons sal Charlotte, die goedversorgde, vriendelike vrou as ‘n meelewende-omgeelid onthou.

Comments are closed