Posted on
30 January 2012
Sirkel: Weskus
Tak: Leipoldtville
Datum: 18 Januarie 2011
Beriggewer: Elsabe Carstens
Leipoldtville tak het Woensdag die 18de Januarie 2012, besluit om liewers die koelte op te soek en het die jaar met hul prysuitdeling begin. Die vergadering het plaasgevind by Red Rock in Lambertsbaai.
Daar was 4 lede wat kentekens ontvang het vir lidmaatskap, wat gewissel het van 10 tot 35 jaar.

LNR Tannie Meraai - 15 jaar, Elsabe Carstens - 10 jaar, Lida Slabber - 25 jaar en Cecile van Zyl - 35 jaar.

Elsabe Carstens oorhandig aan Madelein Visser haar toekenning vir die beste vergadering gehou. Sy is ook tans ons sekretaresse van die tak.

LNR Anne Laubscher, Elsabe Carstens, Madelein Visser en Tannie Meraai Visser is beloon met toekennings vir getroue bywoning. Hierdie 4 dames het getrou ELKE vergadering bygewoon.
Tannie Meraai Visser het ook ‘n toekenning ontvang vir haar onskatbare bydra tot Leipoldtville tak. Sy is die lid wat in 2011 die meeste vir die tak gedoen het en alom groot waarde toegevoeg het tot die welstand van die tak en lede.

Elsabe het die toekenning aan Tannie Meraai oorhandig.