Posted on 09 January 2012

 

Met die Kersversierings weggepak, die vakansiewasgoed gewas en gestryk en op hul plek terug in die kas en die skooltasse klaar gepak vir die nuwe skooljaar, is ons al weer fluks op pad die nuwe jaar in! Sterkte aan die Graad 1 mammas!

 

Daar wag baie VLVK-verrassings vir 2012 en tydens Konferensie sal jy alles hoor. Maak dus seker dat jy jou Sirkel se Konferensie bywoon!

 

Hiermee wens ek ‘n ieder en ‘n elk ‘n pragtige en suksesvolle VLV-jaar toe! Gooi jou volle gewig in, wees betrokke, ondersteun die bestuur, asook jou medelede sodat julle saam‘n daadwerklike verskil in jul gemeenskap kan maak! Laat VLV van krag tot krag gaan.

 

Geniet die VLV en voorspoed vir 2012!

 

Hartlike VLVK-groete

Erika Lubbe


http://www.freedigitalphotos.net/images/view_photog.php?photogid=2024 <p><a href="http://www.freedigitalphotos.net/images/view_photog.php?photogid=2024">Image: Stoonn / FreeDigitalPhotos.net</a></p>

 



Posted on 07 October 2011

 

Die lede van Sirkel Kalahari het saamgespan om ‘n resepteboek, Smulkos uit die Kalahari, die lig te laat sien. Die resepteboek is ‘n versamelstuk van beproefde resepte uit die skatkis van die Kalahari en gewaarborg om selfs die grootste smulpaap te laat swymel.


Die boek bevat ‘n keur van die lekkerste, beste en mees beproefde resepte uit die kombuise van VLV-vroue regoor die Kalahari. En ‘n VLV-vrou is mos darem bekend vir haar vaardigheid in die kombuis.

 

Die pragboek in volkleur, op glanspaier gedruk en met ‘n waslaag oor die buiteblad, is ‘n absolute winskopie teen net R150.00 per eksemplaar. Bestel  Smulkos uit die Kalahari  vandag nog - sommer nou dadelik en net betyds vir Kersfees – van Annelize Marx, 082 940 7549 of by annemarx@webmail.co.za .

 

 

 

 

 



Posted on 01 October 2011

Die inskrywingsvorm vir VLVK Tienerkok 2012 is beskikbaar onder DOWNLOADS.



Posted on 27 September 2011

Christel Steenkamp het vir ons inligting en wenke gestuur vir die skryf van 'n berig/nuusbrief vir Huis en Haard. Die wenke en inligting kan ook deur die WW-beriggewers gebruik word.
 

Kontak Christel gerus as jy ‘n navraag het. Sy het ook kontak met 'n gepubliseerde Afrikaanse skrywer wie bereid is om bydraes te proeflees, sou beriggewers eers hul vaardighede wil toets voor hulle bydraes aan die H&H/WW stuur.
 

Die Taboelys is deur Sobeth Jordaan, van Volksblad, opgestel en as vergunning deur die Kontrei-redakteur, Siska Martin, aan Christel verskaf ten einde die skryfvaardighede van ons lede te bevorder.

 

Skryf van 'n berig vir H&H.pdf (116.72 kb)

Taboelys deur Sobeth Jordaan.pdf (137.61 kb)



Posted on 22 September 2011

Wilna Nel, VLVK Saamroeper van Openbare Sake, het hierdie nuttige inligting oor die eersdaagse sensusopname vir ons gestuur.

20110912 Census Alert.pdf (138.38 kb)



Posted on 19 September 2011
  • Die volledige Kongresnotule en verslag van die WBPV & VLVK Projekte kan vanuit DOWNLOADS afgelaai word.
  • Die vorms vir Kunste & Handvlyt kompetisies - Kongres 2014 is ook onder DOWNLOADS beskikbaar.


Posted on 14 September 2011

Elke tak/sirkel moet poog om ‘n H&H-saamroeper binne die raamwerk van die VLVK-bestuur as ‘n volwaardige lid, met duidelik riglyne soos die res van die portefeuljes, aan te stel. Die persoon is  as ‘n VLVK-bemarker bekend en kan ook jaarliks verslag gee saam met die ander saamroepers. Dit is egter nie verpligtend nie.

Riglyne kan afgelaai word vanuit DOWNLOADS.



Posted on 11 September 2011

Hier is 'n foto wat geneem is tydens die kongres van die Vrystaat Vroue Landbou-Unie.

 

Van links: Mevv. Erika Lubbe, VLVK-president; Vanda Gagiano, eerste visepresident van VVLU; Henrietta Schoeman, SAVLU-president; Ounooi du Preez, 'n vorige president van VVLU; mnr. Jordaan, eggenoot van mev. Marietjie Jordaan, president van VVLU.

 

 

Mev. Erika Lubbe (VLVK-president) dra 'n groeteboodskap namens VLVK oor tydens die VVLU-kongres te Bloemfontein op 7 en 8 September 2011. 

  



Posted on 06 September 2011


Posted on 31 August 2011

 

Pragtige proteas om die kongresgangers te verwelkom.

 

 

 

  

 

 

 

 

 

Hoofbestuur, netjies gestewel en gespoor by Kongres 2011.

 

 

VIVA, dit was vrolike musiek en talentvolle kunstenaars!

 

 

 

VLVK President, Erika Lubbe, verwelkom almal by Kongres.

 

 

VLVK-erepresident, Ronella Rademeyer steek 'n kers aan.

 

 

 

Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo lewer die openingsrede: Bou 'n Brug!

 

 

Dr. Semane Molotlegi, WBPV-areapresident van Suider Afrika-area.

 

 

Porchia Adams, Korporatiewe kommunikasiebestuurder van Agri Wes-Kaap bring 'n groeteboodskap.

 

 

Aandagtig word daar gesluister.

 

 

Argitek Gawie en dr. Gwen Fagan, VLVK se Dankie-persone vir 2011, saam met Hermien van Zyl en Erika Lubbe.

 

 

Lindie Strydom van Solidariteit Helpende Hand praat met kongresgangers oor Armoede in SA - bou 'n brug!

 

 

Vol afwagting vir die vingerete en diploma-oorhandiging in die Eureka-saal, Villiersdorp.

 

 

Pragtige vrugtesnywerk van Peggy van Druten.

 

 

Smullekker vingerete.

 

 

Beoordelaars - 'n iedere en elke een. Almal wat die beoordelaarskursus suksesvol afgelê het, saam met die dames van die VLVK beoordelaarspaneel.

 

 

Die pragtige handewerk van Erna Visser.

 

 

Erika, Mariana Rabie van Agri-Expo (VLVK-Boerderyvennoot beoordelaar), Lucia Dorfling (VLVK-boerderyvennoot van die Jaar) en Lenie Fourie (naaswenner).

 

 

Blombederf vir die Beoordelaarspaneel.

 

 

Kultuuraand! Sybil Morkel was verantwoordelik vir die blomme in die kerk.

 

 

ZAMAR in aksie.

 

 

 

 

Ferdi Ungerer spoke about the cultivation of Sharon Fruit/Persimmons.

 

 

Magdie de Kock het gesels oor Wesfalia (Kongresborg) Advokado olie.

 

 

Dr. René Rust aan die woord oor San Kuns.

 

 

Talentvolle kunstenaars vermaak kongresgangers. Marané Roux word begelei deur Rita Louw.

 

 

Ronell Herselman het Martelize Brink bedank vir haar toespraak oor hoe 'n mens 'n brug kan bou, TEN SPYTE van. . .

 

 

Elnette du Toit van KANSA het gekom om die breiblokke by Ronell Herselman in ontvangs te neem. 18 118 breiblokke kon aan KANSA oorhandig word. Welgedaan lede, welgedaan!

 

 

Marlene le Roux, dinamiese gasspreker aan die woord.

 

 

Blomme in die Skousaal is versorg deur Erna Visser, Elize Jacobs, Judine Botha en Christelle Griesel.

Kaaimansgat Boerdery was die blomborg.

 

 

 

 

 

 

Jeff Milne en Louis van As het die Bruid se Jaar met vlytige blomhande afgesluit.

 

 

 

 

  

 

Boereorkes-vrolikheid tydens die kuieraand.

 

 

Heydi Kruger, Graham Lippert en Harry Peters vermaak kongres met 'n dwarsfluit en twee klassieke kitare.

 

 

Mev. Marietjie Freislich het gepraat oor die ontvolking van plattelandse skole.

 

 

 

Agter elke VLV-vrou staan daar 'n VLV-man! Dannas Lubbe lyk baie ingenome met sy voortreflike vrou!

 

 

Lorraine du Toit het Overberg se President, Hermien van Zyl, met 'n ruiker blomme bedank.

 

 

 

En so lyk 'n wenspan! Dit is die dames van Sirkel Overberg wat Kongres 2011 met groot sukses aangebied het.

 

 

VLVK se twee voorste vroue, President Erika Lubbe en Karien van Schalkwyk, VLVK-visepresident.

 

 

Keurige eetgoed voor almal die langpad aandurf.

 

 

'n Krans is gelê op die graf van Maria Stofberg.

 

 

Erika, Lorraine en Karien.................VLVK se 82ste Kongres het tot 'n einde gekom.