Posted on 14 February 2010

Namens al die lede van VLV-Kaapland, wil ek medelye betuig met die plekke en streke in Kaapland wat onder ‘n uitmergelende droogte, waterskaarste en ook brande gebuk gaan.

 

Ek doen ‘n beroep op al die VLVK-lede om diegene wat swaarkry in hul gebede op te dra aan ons liewe Hemelse Vader.

 

Ons glo en vertrou dat Hy eersdaags die hemel se sluise sal ooptrek en milde reën oor die droogtegeteisterde gebiede sal laat val.

 

Hou moed en glo dat die Here sal voorsien!

 

Innige VLVK-groete
Erika Lubbe



Posted on 04 February 2010

NUWE (bykomende) faksnommer vir VLVK kantoor:
086 666 5064
Fakse wat na hierdie nommer gestuur word, word op die rekenaar in die VLVK kantoor vertoon. So bespaar ons papier!
 
'Ou' telefaksnommer is steeds: 021 886 5064.