Posted on
07 October 2011

Die lede van Sirkel Kalahari het saamgespan om ‘n resepteboek, Smulkos uit die Kalahari, die lig te laat sien. Die resepteboek is ‘n versamelstuk van beproefde resepte uit die skatkis van die Kalahari en gewaarborg om selfs die grootste smulpaap te laat swymel.
Die boek bevat ‘n keur van die lekkerste, beste en mees beproefde resepte uit die kombuise van VLV-vroue regoor die Kalahari. En ‘n VLV-vrou is mos darem bekend vir haar vaardigheid in die kombuis.
Die pragboek in volkleur, op glanspaier gedruk en met ‘n waslaag oor die buiteblad, is ‘n absolute winskopie teen net R150.00 per eksemplaar. Bestel Smulkos uit die Kalahari vandag nog - sommer nou dadelik en net betyds vir Kersfees – van Annelize Marx, 082 940 7549 of by annemarx@webmail.co.za .



Posted on
03 March 2010
Handleiding vir Borduurwerk (Rooiboek)
Prys: R200 + R10 posgeld
Nuwe Handleiding vir Beoordelaars en Tentoonstellers is nou beskikbaar!
Prys: R100 + R10 posgeld
BORDUUR SO van Hetsie van Wyk:
Saamtrekwerk: R100 + R10 posgeld
Swartwerk: R50 + R10 posgeld
Rafelwerk: R55 + R10 posgeld
Bestel vanaf:
Die Sekretaris, Posbus 273, Stellenbosch 7599
Posted on
23 October 2009
vlvKook
Grootte: Lengte - 1m, Breedte - 70cm
Kleur: Beskikbaar in blou of swart
Prys: R100 + posgeld
Posgeld:
1 voorskoot = R15.00
10 voorskote = R36.00
10 voorskote + versekering = R56.00
- meer koste effektief om in groot maat te bestel!

