Posted on 06 July 2010

Neem asseblief kennis dat die Julie uitgawe van H&H ‘n hele 32 bladsye dik is. Pure plesier!!!!!
MAAR, dit beteken dat die Posman dalk nie al die koeverte in jou posbus gaan kry nie.

 

As jy - die persoon/voorsitter/sekretaresse na wie se adres die H&H gestuur word - net 1 of 2 koeverte (in plaas van die 3 of 4 wat jy gewoonlik ontvang) in jou posbus gekry het, moet jy asseblief maar by jou naaste Poskantoor gaan hoor of daar nie dalk ‘n pakkie (met die res van jou tak se Huis & Haarde) op jou wag nie.

 

As jy nie die volle aantal Huis & Haarde (die getal kopieë wat jou tak met elke uitgawe ontvang) kry nie, is ..................................

o dit NIE Lynette wat sigselwers besluit het dat jou tak nou minder H&H’s moet kry nie,
o dit NIE die drukker wat die verkeerde aantal H&H’s versend het nie.

 

DIT IS DIE POSKANTOOR WAT POSSTUKKE AFLEWER, wat verantwoordelik is om 1 of 2 of hoeveel koeverte/pakkies dit ook al mag wees, by jou adres te kry.

 

As jy nie die regte aantal Huis & Haarde ontvang het nie, is jou eerste stop die Poskantoor.



Posted on 02 November 2009

Grootte: A5

Swart & Wit

Kleur

Volblad          

R650  

R950

Halfblad

R490  

R790

Kwartblad

R430  

R730