
Pragtige proteas om die kongresgangers te verwelkom.





Hoofbestuur, netjies gestewel en gespoor by Kongres 2011.

VIVA, dit was vrolike musiek en talentvolle kunstenaars!

VLVK President, Erika Lubbe, verwelkom almal by Kongres.

VLVK-erepresident, Ronella Rademeyer steek 'n kers aan.

Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo lewer die openingsrede: Bou 'n Brug!

Dr. Semane Molotlegi, WBPV-areapresident van Suider Afrika-area.

Porchia Adams, Korporatiewe kommunikasiebestuurder van Agri Wes-Kaap bring 'n groeteboodskap.

Aandagtig word daar gesluister.

Argitek Gawie en dr. Gwen Fagan, VLVK se Dankie-persone vir 2011, saam met Hermien van Zyl en Erika Lubbe.

Lindie Strydom van Solidariteit Helpende Hand praat met kongresgangers oor Armoede in SA - bou 'n brug!

Vol afwagting vir die vingerete en diploma-oorhandiging in die Eureka-saal, Villiersdorp.

Pragtige vrugtesnywerk van Peggy van Druten.

Smullekker vingerete.

Beoordelaars - 'n iedere en elke een. Almal wat die beoordelaarskursus suksesvol afgelê het, saam met die dames van die VLVK beoordelaarspaneel.

Die pragtige handewerk van Erna Visser.

Erika, Mariana Rabie van Agri-Expo (VLVK-Boerderyvennoot beoordelaar), Lucia Dorfling (VLVK-boerderyvennoot van die Jaar) en Lenie Fourie (naaswenner).

Blombederf vir die Beoordelaarspaneel.

Kultuuraand! Sybil Morkel was verantwoordelik vir die blomme in die kerk.

ZAMAR in aksie.


Ferdi Ungerer spoke about the cultivation of Sharon Fruit/Persimmons.

Magdie de Kock het gesels oor Wesfalia (Kongresborg) Advokado olie.

Dr. René Rust aan die woord oor San Kuns.

Talentvolle kunstenaars vermaak kongresgangers. Marané Roux word begelei deur Rita Louw.

Ronell Herselman het Martelize Brink bedank vir haar toespraak oor hoe 'n mens 'n brug kan bou, TEN SPYTE van. . .

Elnette du Toit van KANSA het gekom om die breiblokke by Ronell Herselman in ontvangs te neem. 18 118 breiblokke kon aan KANSA oorhandig word. Welgedaan lede, welgedaan!

Marlene le Roux, dinamiese gasspreker aan die woord.

Blomme in die Skousaal is versorg deur Erna Visser, Elize Jacobs, Judine Botha en Christelle Griesel.
Kaaimansgat Boerdery was die blomborg.



Jeff Milne en Louis van As het die Bruid se Jaar met vlytige blomhande afgesluit.



Boereorkes-vrolikheid tydens die kuieraand.

Heydi Kruger, Graham Lippert en Harry Peters vermaak kongres met 'n dwarsfluit en twee klassieke kitare.

Mev. Marietjie Freislich het gepraat oor die ontvolking van plattelandse skole.

Agter elke VLV-vrou staan daar 'n VLV-man! Dannas Lubbe lyk baie ingenome met sy voortreflike vrou!

Lorraine du Toit het Overberg se President, Hermien van Zyl, met 'n ruiker blomme bedank.

En so lyk 'n wenspan! Dit is die dames van Sirkel Overberg wat Kongres 2011 met groot sukses aangebied het.

VLVK se twee voorste vroue, President Erika Lubbe en Karien van Schalkwyk, VLVK-visepresident.

Keurige eetgoed voor almal die langpad aandurf.

'n Krans is gelê op die graf van Maria Stofberg.

Erika, Lorraine en Karien.................VLVK se 82ste Kongres het tot 'n einde gekom.