Posted on 09 January 2012

 

Met die Kersversierings weggepak, die vakansiewasgoed gewas en gestryk en op hul plek terug in die kas en die skooltasse klaar gepak vir die nuwe skooljaar, is ons al weer fluks op pad die nuwe jaar in! Sterkte aan die Graad 1 mammas!

 

Daar wag baie VLVK-verrassings vir 2012 en tydens Konferensie sal jy alles hoor. Maak dus seker dat jy jou Sirkel se Konferensie bywoon!

 

Hiermee wens ek ‘n ieder en ‘n elk ‘n pragtige en suksesvolle VLV-jaar toe! Gooi jou volle gewig in, wees betrokke, ondersteun die bestuur, asook jou medelede sodat julle saam‘n daadwerklike verskil in jul gemeenskap kan maak! Laat VLV van krag tot krag gaan.

 

Geniet die VLV en voorspoed vir 2012!

 

Hartlike VLVK-groete

Erika Lubbe


http://www.freedigitalphotos.net/images/view_photog.php?photogid=2024 <p><a href="http://www.freedigitalphotos.net/images/view_photog.php?photogid=2024">Image: Stoonn / FreeDigitalPhotos.net</a></p>

 



Posted on 13 January 2011

Graag wens ek al die VLVK-lede 'n gelukkige, vreugdevolle, gesonde, voorspoedige en geseënde 2011 toe. Mag VLVK van krag tot krag groei en werklik 'n verskil maak!
 

Gardner Hunting said:
Believe you can and you can.
Believe you will and you will.
See yourself achieving
and you will achieve!
 

Graag wil ek ook my en hoofbestuur se meelewing betuig met die VLVK-lede wat groot en onberekenbare skade gelei het as gevolg van hewige reën en oorstromings. Wees verseker dat ons jul in ons gebede sal opdra aan 'n Hoër Hand wat genadig is. Ons is verheug oor die droogte wat in meeste gebiede gebreek is, maar dink ook aan diegene wat nog uitkyk vir verligting.
 

Psalm 37:5:
Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
 

Innige VLVK-groete
 
Erika Lubbe