Posted on 18 August 2009

Tydens 'n klein seremonie, steek me. Karien van Schalkwyk, Sirkelpresident van Sirkel Namakwaland, vir mee. Baby Nel en Margaretha van Eeden hul 55-jarige lidmaatskap-knopies aan. 
Die takvoorsitter, me. Karin vd Merwe oorhandig aan hul elkeen 'n ruikertjie en 'n spesiale boekmerk en ons vereer daarmee hierdie twee merkwaardige vroue met ere-lidmaatskap aan die Hantam VLV-tak.

Ons bedank hul vir hul insette, hulp en leiding deur die jare van lidmaatskap.  Hulle was nog altyd 'n pragtige voorbeeld van lojale VLV-lede - 'n voorbeeld waarop ons slegs kan probeer voortbou.



Karien van Schalkwyk (agter met die rooi klere aan) het die knopies aangesteek. Karin vd Merwe, ons takvoorsitter (links voor met die grys baadjie) het die ruikers en boekmerkies oorhandig.  In die middel voor is tant Margaretha van Eeden en regs voor (met die pers) is tant Baby Nel.  Hulle is ons ere-lede.

Comments are closed