Posted on 26 August 2009

Lizelle du Toit skryf:

 

Die saal was opgetower in wit drapeersels, en ‘n tikkie silwer en rooi.  Jacques le Roux, sjef van formaat,  het ‘n heerlike Kerspoeding gedemonstreer.  Alida Walters, lid van Piketberg Tak, het gewys hoe daar van afval materiale ideale geskenkies gemaak kan word vir jou kersklappers.  Sy het ook gewys hoe om die kersklappers te maak. Debbie Uys vertel van ‘n regte wit Kersfees in Engeland, en ook van hulle tradisies rondom Kersfees.  Baie van ons lede het ‘n kursus gedoen oor die maak van Kersballe, en almal se skeppings is uitgestal.  Die middag is afgesluit met ‘n feestelike Kersfeestafel, natuurlik alles in oorvloed, net soos die gewoonte maar is rondom Kersfees.

  

 

  

 

 

Comments are closed