Posted on 27 August 2009

Antoinette van Pletzen

Hilda v/d Walt was verantwoordelik vir ‘n Leefstyl program, propvol wenke t.o.v. vlg jaar se VLV-kompetisies. Patrone en wenke vir die maak van gebreide poppies is met lede gedeel. ‘n Ander kompetisie is Dollaswerk, wat ontstaan het a.g.v. ou gordyne en lakens wat geskif het. Die “goeie dele”  is dan weer herbenut deur los lappies op ongebleikte linne vas te werk. Verskillende teksture en patrone is ‘n móét! LW: Vilt is nie ‘n materiaal nie. Lede het geleer hoe om sjokolade blare en skrif vir versiering op koeke, te maak. Lede is ook gewys hoe ‘n “elementlose” ketel lyk. Gerrie Upton het haar “Mini Doughnut”-masjien gedemonstreer en daar is ook geproe aan die 2 nuwe geure in Marie beskuitjies, nl. Karamel en Cappucino. Stork se 2 veelsydige Cremendous-produkte is bekendgestel, asook tamatiepasta in pakkies, “Choc Chips”, Indiese speserye met tamatieblokkies, asook nuwe geure in jellie en koue poedings. Antoinette van Pletzen het ‘n Bio-was-bal wat saam met wasgoed in die wasmasjien geplaas word, gedemonstreer. Die nie-toksiese plastiekbal is gevul met keramiekgruis en geen wasmiddels word verder bygevoeg nie. Dit is besonder ekonomies, eko-vriendelik, hypo-allergenies, antibakterieel, versag water, en bevat geen chemikalieë wat materiale kan beskadig nie. Dit verminder ook erosie van die wasmasjien. Wanneer nie in gebruik, kan die bal in die yskas/vrieskas geplaas word om reuke te absorbeer!

Algemene wenke het die vlg. Ingesluit:

Piesangs moet 1-1 gebêre word – dan word hulle stadiger ryp, en om die draderigheid te voorkom, moet piesangs van die “stomp” kant af afgeskil word.

Sit ‘n koppie water in die mikrogolfoond saam met pannekoek en muffins om dit te verwarm en keer sodoende dat dit uitdroog.

Asyn kan op baie maniere gebruik word, o.a. om vensters te was met ½ brandspiritus en ½ asyn.’n Stoof kan weer met ‘n mengsel van ½ asyn en ½ water skoongemaak word.

‘n Knippie Boraks in die wasmasjien maak wit goed witter.

Maak jou telefoon se instrument ook gereeld skoon.

Uie kan opgekap en gevries word. Dan word slegs die benodigde hoeveelheid elke keer afgebreek.

Lede moes ook die tydelike borsprosteses wat hulle in verskillende groottes moes maak, inhandig. Dit gaan geskenk word aan vroue wat ‘n bors verloor het a.g.v. kanker.

 

Comments are closed