Posted on 27 August 2009

Drie kursusse is aangebied en dit het iets vir elk se smaak gebied.  Die skilderkursus was vir die agt lede ‘n belewenis.  Lid Tokkie Koorsen het ‘n kursus oor drie dae in olieverf met Petro Stiglingh van Jeffreysbaai gereël.  Die eerste dag is aandag aan ‘n landskap gegee en die lede het van perspektief, kleur en balans geleer.  Dag twee is aandag aan die skep van ‘n stillewe en vingerverf gegee.  Die derde dag kon die leerders ‘n vrye keuse uitoefen.  Die werke is by ‘n vergadering uitgestal en nou blom die entoesiasme – ‘n opvolg kursus sal in Oktober aangebied word.

 

Die tweede kursus het oor die aanleer van rekenaarvaardighede gehandel en agt lede tussen die ouderdom van 40 – 79 het deelgeneem.  Die ouer persone stel belang daarin om banksake te doen en e-posse aan hul familie te stuur.  Hierdie was ‘n positiewe stap vorentoe vir die vroue van môre.

 

Die derde kursus was om die kuns van dollaslapwerk aan te leer.  ‘n Groepie het tydens die vakansie bymekaar gekom en die tyd om lappe te versamel baie geniet.  Ook hier word ‘n opvolg werkswinkel beplan.

 

Bessie Kriek 

Comments are closed