Posted on
03 September 2009

Dada de Jager (Sameroepster van Kuns & Handvlyt) & Yolandé Froehlich.
Tydens die pas afgelope VLV vergadering het Dada de Jager as Sameroepster van Kuns & Handvlyt vir Yolandé Froehlich, tuisteskepper en binnenshuise versierder genooi om aan die dames sekere verftegnieke te kom verduidelik. Yolandé het sommer dadelik weggespring en 'n ou houtraam met 'n ligte room onderlaag geverf, sodat die hout plek-plek nog deurskyn, en daarna is die artikel kunsmatig verouder met skoenpolitoer. Daarna het sy 'n kopstuk van 'n dennehout enkelbedjie wat in wit afgewerk was, verouder deur die gebruik van vernis en houtkleursel. Nuwe blikke word ook met hierdie tegnieke verouder en sy het demonstreer hoe 'n metaalhouer verouder kan word deur dit ligweg te beskadig sodat duike daarin vorm, en dan met vernis en houtkleursel te verouder. As item het Dada vir Madri du Plessis genooi om die titelverhaal uit 'n bundel kortverhale wat eersdaags op die rakke sal verskyn voor te lees. Die bundel kortverhale, deur Lapa uitgewers, is die werk van Teresa Opperman.